Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 16

•••• Uys het sy liefde vir beeste by sy skoonpa Bob geleer. KO L LI G Uys van Heerden > VERVOLG VAN BLADSY 13 2017 SEISOEN Met hulle gemiddelde reënval in die omgewing van so tussen 500 mm en 600 mm per jaar, het hulle die afgelope seisoen swaar getrek: “Ek dink nie ons het eens 200 mm gehad nie.” Maar daar is ‘n paar redes waar­ om Uys goed voel oor 2017. “Ons het gemoedsrus met die aantal oorlêlande. Dan het ek ook volle vertroue in my Hemelse Vader wat dit vir my moontlik maak om rustig te wees oor die jaar wat kom. Hy gaan dit ’n goeie jaar vir ons maak.” STOKPERDJIES Familie lê Uys duidelik na aan die hart. Hulle het ’n huis by die Vaalrivier en dan ry die familie lekker boot en beoefen watersport. “Om net saam met my kinders te kuier verskaf vir my baie genot. Vir verdere ontspanning is gholf my ander tydverdryf.” FOTO’S VAN BO NA ONDER: Ben, die Duitse herdershond volg Uys oral rond op dié plaas. Daar is allerhande interessanthede op die erf. Die Van Heerden’s bly hier. 14 SENWES “Senwes is die hoofverskaffer van al my insette. Meeste van my besigheid doen ek deur Senwes. Senwes doen ook die bemarking van die meeste van my mielies.” Hy kom ook baie goed oor die weg met Senwes Graan­ bemarkingsadviseur, Herman de Jager, “Ek en hy het ’n baie goeie verhouding. Ek terg hom wel baie,” spot Uys. Sy jarelange verbintenis met DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario Senwes strek al vandat hy in 1987 lid geword het. Hy onthou veral vir Kredietbestuurder Louw Prinsloo by Senwes Credit: “Hy was baie goed vir my gewees, veral daar in 1996 toe ek op my eie gegaan het.” Uys lewer sy graan by Allan­ ridge Silo, wat sowat 7 km ver is, en hy ry sommer deur sy lande daarheen. Hy laat Senwes ook die graan in sy eie silo’s bemark. RAAD AAN JONG PRODUSENTE Hy weet uit ondervinding en raai jong boere ook aan om nie skaam te wees om raad te vra nie. Jy kan dan daarna self besluit wat jy wil doen. ’n Tweede brokkie raad is om te onthou dat berekende kanse goed is. Partymaal moet jy maar ’n bie­ tjie waag. Waak egter, dit is maklik om ’n huurkoop aan te gaan, maar om al die huurkope terug te betaal is ’n heeltemal ander storie. Dis moeilik. ’n Belangrike ding is dat dit gesonde skuld moet wees. Maar mens leer nog steeds ver­ tel Uys: “Ek het altyd min lande laat oorlê. Die droogte het ons nou geleer om meer oor te lê.” Uys het baie oor die jare gegroei, maar dit is duidelik dat hy alles en almal om hom waardeer - dis die karakter van ’n groot produsent wat weet van ’n Kleinbegin. Groot genoeg om ’n verskil te maak, klein genoeg om om te gee en raad te verskaf.