Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 14

•••• KO L LI G n e d r e e H n a v U ys is u h s a a l p e i d r e i h y hou die fort b SOOS JY DIE DE ERF PLAASHUIS VAN SENWES PRODUSENT UYS VAN HEERDEN NADER, GROET BEN, DIE DUITSE HERDERSHOND JOU, MET DIE GEKEF VAN DIE JACK RUSSELS CHARLIE, JACKIE EN LALA OOK NIE VER AGTER NIE, VOORDAT UYS SY VERSKYNING MAAK. AUBREY KRUGER ONTMOET UYS VAN HEERDEN Die 56-jarige Uys is al vir 33 jaar met Maranda getroud, nadat hulle op 17 Desember 1983 die knoop deurgehaak het. Met Uys wat die fort hier hou, beskryf hy Maranda as die gene­raal op hierdie plaas. Sy is baie erg oor netheid in en om die store, net soos in haar pragtige tuin wat die huis omring. Klink 12 vir my soos ’n tipiese Afrikaanse huishouding... SKOONPA BOB ‘N ROLMODEL Maar waar het die boerdery sy ontstaan gehad? Uys sê dat hy alles oor boer­dery by sy skoonpa, Bob Moolman, geleer het. Dit was amper 30 jaar gelede in 1987. Direk na twee jaar in die weermag by Oudtshoorn, ’n B.Sc. graad by Kovsies, ’n jaar HOD en twee jaar lank as wiskunde­onderwyser by Welkom Gimnasium en Hoërskool Wessel Maree in Odendaalsrus. Daardie tyd het Uys reeds sy eie plaas gehad, paslik genaamd Kleinbegin - ’n stukkie grond van 428 hektaar in die Theunissen distrik. Dan het hy ook saam met Bob op die plaas De Erf begin boer. DIE 8 JAAR SAAM MET SKOONPA BOB Van 1987 tot 1994 het Uys saam met Bob geboer voordat hy oorlede is. Hy beskou hier­ die vormingsjare van onskatbare waarde en kon hy veral by Bob DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario kers opsteek oor beplanning en finansiële bestuur - “Hy het my regtig baie gehelp en boonop het ek my liefde vir beeste by hom geleer.” Sy motto het hy ook by hom geleer, naamlik optimale benutting, hetsy hulpbronne, saaiboerdery of vee. Alles moet optimaal bestuur word. ONDERSTEUNING IS ALLES VIR HOM Met ’n generaal as vrou beskryf hy Maranda as baie ondersteu­ nend in die boerdery - “As ek moedeloos raak, dan is sy altyd daar.” Uys omring hom ook met 30 bekwame personeellede op die plaas. Hy leun ook swaar op sy twee plaasbestuurders Nico Taljard, wat die veekomponent hanteer, asook algemene plaas­ bestuurder, Daantjie Rossouw. VASBYT VIR ‘N OPVOLGER Uys en Maranda het twee dogters Mar-Lee (31), wat ’n ouditeur is en Marike (22), wat tans ’n B.Rek. (Hons) student by Kovsies is. Met een skoonseun sover, wat ’n mediese dokter is, moet Uys vas­