Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 10
••••
AREA F OK U S
WELKOM
In Sirkels!
“OOR 400 METER BY DIE
SIRKEL, NEEM DIE DERDE
UITGANG.” DIT IS MY GPS
SE OMSKRYWING VAN
WELKOM, PERFEK IN ’N
ENKELE SIN SOOS JY
PROBEER OM DIE ONGEVEER 33 GROOT SIRKELS
IN DIE STAD TE NAVIGEER.
G’N WONDER DIE STAD
STAAN AS DIE STAD VAN
SIRKELS BEKEND NIE! DAN
MET DIE MOOI TUINE
OP DIE SIRKELS, ELLELANGE PALMBOME EN
PRENTJIEMOOI LIGPERS
JAKARANDAS KAN MENS
VERSTAAN HOEKOM
HULLE “‘N STAD BINNE ‘N
TUIN” IS.
AUBREY KRUGER
GESKIEDENIS
Welkom is op 15 April in 1947
gestig en 21 jaar later is Welkom
as ’n stad verklaar. In die laat ne
gentigerjare is die 50-jaar vieringe
gehou en daar sal sekerlik groot
makietie gehou word in 2022
wanneer die goudstad (ironies) sy
75-jarige diamantviering sal hou.
TORNADO EN AARDBEWING
Die meeste van ons onthou 1990
as die jaar toe Nelson Mandela
vrygelaat is. Maar die jaar het
baie ander herinneringe vir dié
inwoners. Op 20 Maart 1990 is
Welkom deur ’n tornado getref,
’n magiese 240 km lange, 1.7 km
breë storm. Later daardie jaar, op
26 September, is die stad deur ’n
aardbewing van 4.2 op die Rich
terskaal geruk.
MINIMUM STOPSTRATE
EN VERKEERSLIGTE
Die rede vir die minimum stop
strate en afwesigheid van verkeers
ligte en parkeermeters is om glad
de verkeersvloei te bewerkstellig
sodat min tyd verlore gaan. Dit
was die breinkind van Oupa Op
penheimer, ’n sirkelsisteem wat van
Europa afkomstig is.
GOUDSTAD
’n Goudstad is dit beslis want
nagenoeg 21% van die vrye wêreld
se goudverkope is van hierdie area.
Sportstad
PHAKISA
Phakisa is die wêreldbekende ren
baan van 4.24 km. Dit het ook ’n
2.4 km ovaalbaan en is eintlik ’n
replika van die Las Vegas Motor
Speedway in die VSA.
Pers jakandas
kleur die stad van
Welkom in.
8
DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario