Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 45

••• •• D R UPPE L S O P D IE DA K •• was, het tot ’n baie lae oes aanlei­ding gegee en die rede was dat ’n tropiese sikloon, Demoina, oor die oostelike gedeelte van Suid-Afrika beweeg het. Ons kyk net na enkele klimaat­ sindikatore. Die SOI het redelik gedaal, wat mens redelik senu­ weeagtig maak. Klimatoloë is van mening dat dit net tydelik is. Tydens die onlangse erge droogte oor die grootste deel van Suid-Afrika was die indeks negatief. Wat egter nog belangriker is, is wat met die seetemperatuur in die NINO3-4 gebied in die Stille Oseaan gebeur. Sou die gebied se gemiddelde seetemperatuur warmer as normaal wees, beteken dit dat dit ’n sekere invloed op die sirkulasiepa­ trone van vog in die wêreld het, wat gewoonlik negatief op die verwagte reënval oor Suidelike Afrika inwerk. Seetemperature in die NINO 3-4 gebied is redelik konstant kouer as normaal, wat ons weer moed gee. Die El Niño-status staan tans op “watch”. Die seetemperature gedurende die 2014/15 seisoen, wat aangedui word met die rooi ring op die grafiek, was nie baie kouer as normaal nie en die tweede grootste mielieoes in Suid Afrika het daardie jaar gerealiseer. Die Seasonal Climate Watch van die Suid-Afrikaanse weer­diens se voorspelling, wat op 20 Oktober uit­ gebring is, verskyn hiernaas. Hulle voorspel nog steeds redelike gunstige kanse vir reën vanaf November 2016 tot Maart 2017. Hulle dui basies geen kans vir onder-gemiddelde reënvaltoestande nie. Grafiek 1. Die totale Suid-Afrikaanse mielie-oes gedurende El Niño, La Niña en neutrale jare. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING Daar is redes om meer optimisties oor die komende seisoen te wees. Ons begin in die meeste gevalle met beter ondergrondvogtoestande. Ons bid, hoop en vertrou steeds dat daar uitkoms gaan wees na die uiters droë toestande wat die meeste produsente oor die afgelope paar jaar ondervind het. SENWES Scenario • DES 2016/JAN 2017 43