Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 25

VERHOUDINGSBESTUURDER ••• •• HA N D E L SN UUS •• Ontmoet Estelle ‘Senwes’ Besigheid op die Knersvlakte SY HEET EINTLIK ESTELLE HATTINGH, MAAR VIR ALMAL IN WELKOM EN DIE OMLIGGENDE GEBIEDE STAAN SY AS ESTELLE SENWES BEKEND. E n dis nie moeilik om te ver­ staan hoekom nie. Estelle is al vir 18 jaar by hiérdie landbou­ reus werksaam. Vir Estelle is haar moeilikste taak om baie verskillende pro­ dusente uit verskeie gebiede te benader. Die meeste verhoudings­ bestuurders hanteer een oorkoe­ pelende streek waarin produsente dieselfde omstandighede ervaar. Estelle hanteer egter verskeie streke met talle produsente. Haar streek strek van Welkom tot Allanridge, Lagerskraal, Theunissen en Brand­fort en dan al die pad terug na Verkeerdevlei, Winburg, Ventersburg en Hennenman. Wat interessant is, is dat Estelle haar gebied as die Knersvlakte beskryf. “Dis baie droog hier en ons kry nie opbrengste soos wat die ouens byvoorbeeld in Wesselsbron kry nie.” Maar posi­ tief soos sy is, vertel Estelle: “Dit bring jou wel baie nader aan die natuur en jy besef alles is net genade.” Deur die jare glo sy dat klante­ diens ’n absolute prioriteit is. “Sonder jou klante kan jy niks bereik nie. En dan moet ek sê, beide jou interne en eksterne klan­ te is ewe belangrik.” Sy dra haar klante op die hart met haar uitgebreide ervaring. Sy het begin met slegs ’n 3-maande­ kontrak toe sy ingestaan het vir ’n personeellid in Edenville wat met kraamverlof was en, soos hulle sê, is die res geskiedenis. Sy was die volgende twee jaar ’n aflosbeampte vir ieder en elk by Kroonstad. Sy was amptelik ’n ontvangsklerk, gevolg deur ’n pos as bestelklerk by Edenville. Vir die laaste 16 jaar was sy vir agt jaar takbestuur­ der op Edenville, Steynsrus en Odendaalsrus en die laaste agt jaar is sy as verhoudingsbestuurder in Welkom gesetel. Estelle het vier dogters, naam­ lik Chantelle, Zandrea, Carla en haar laatlammetjie Telana. Sy ken die soet en suur van die lewe en vertel van die tyd toe Zandrea twee dekades gelede in ’n ongeluk oorlede is. Maar die Here het vir haar ’n sterretjie gegee in die vorm van Telana, wat ’n toonbeeld van Zandrea is. As klant kan jy verseker wees dat Estelle alles van hierdie area weet. En sy KEN die area! Sy is in Welkom gebore en het Laerskool Merriespruit en Hoërskool Hentie Cilliers bygewoon. Sy sal jou belange op die hart dra en enduit vir jou gaan, nes die uitstekende atleet wat sy op haar dag was! Sy het Vrystaat kleure in die 400 m en 800 m items verwerf en het aan verskeie SA kampioenskappe deelgeneem. Sy is vandag nog ’n ywerige drawwer en hou ook van Curves en aksiesport. Meer oor Estelle is dat sy baie weetgierig is, dinge vinnig aanleer, ’n ‘go-getter’ is wat daarvan hou om ook die leer te klim. Sy beskryf haar as ’n spanvrou wat nie daarvan hou om uitgesonder te word nie. Haar filosofie oor die lewe is dat jy net ’n rentmeester van alles is - “Selfs jou werk en salaris is eintlik nie joune nie en neem jy net rentmeester­ skap daarvan.” Estelle Hattingh is die Verhoudingsbestuurder by Welkom en is al die laaste 18 jaar by hiérdie landboureus werksaam. Legally Armed, in association with Martin & Visser Attorneys, offer for the past 11 years, amongst others, the following services: MOTIVATIONS FOR: • any type of firearm licence • accreditations for businesses • specialising in estate firearms 2004 - 2015 Johan Martin 083 391 8180 [email protected] www.legallyarmed.co.za • import / export of firearms • renewals • appeals, etc. 40 000 satisfied clients! * Preferred service provider for Wildlife Ranching SA * Offices countrywide 23