Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 9

HO O F ST O R IE ••• “ HOOPSTAD HET WÊRELDKLAS PRODUSENTE EN HULLE VERDIEN VERSEKER ‘N WÊRELDKLAS TAK. ” Hinterland Bedryfshoof, Neel Rust, oorhandig die sleutels van Hinterland se nuwe tak in Hoopstad aan takbestuurder, Dirk Theron. VAN DIE KLANTE ‘n Welbekende produsent van die distrik, Koos Barnard, het Hinterland en Senwes namens die produsente en klante bedank vir die wyse waarop hulle terugploeg in die gemeenskap en het veral verwys na die grootte van die tak, wat goed ontvang is deur almal. “Hierdie ruimte is oorweldigend.” HINTERLAND Hinterland se Finansiële Direkteur, Marlo Kotze, het verder almal bedank vir hulle insette in die vestiging van die nuwe perseel en waardering uitgespreek vir die feit dat almal in hulle droom bly glo het. Sy boodskap was dat so ‘n besigheid nie bemark kan word sonder kliënte of produsente nie. Die trotse Hoopstad span! Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, tydens sy toespraak - “Ons glo in Hoopstad.” TAKBESTUURDER Volgens Takbestuurder, Dirk Theron, is daar nou baie meer spasie. Die winkel was voorheen 280 m² groot terwyl die nuwe winkel nou 570 m² groot is. Die werkswinkel is ook baie groter en het van 570 m² tot 1 250 m² gegroei. Met die opening van die nuwe tak word ‘n nuwe era vir Hoopstad ingelei – ons hoop dat alle paaie na Loopstraat 140 in Hoopstad sal lei. SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016 7