Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 57

R UB R IE K ••• JACQUES ODENDAAL, PETRUS VAN STADEN, GERRIT OOSTHUIZEN, JOHAN DU TOIT EN GEORGE LE ROUX RIGLYNE EN RAAD D it beklemtoon egter weer die noodsaaklikheid vir die produsent om sy totale boerdery te evalueer in terme van sukses al dan nie en dus “beter” of meer winsgewende metodes, tegnieke en/of toerusting te identifiseer vir implementering. Die ideale tyd vir sodanige evaluering is tussen strooptyd en die daaropvolgende planttyd. GEWASPRODUKSIE Faktore waarna gekyk word, is onder andere: • Hoe vergelyk die beplanningsopbrengs met dit wat werklik gestroop is en hoe vergelyk dit met die historiese data binne die onderskeie sones? • Was die grondvrugbaarheid gemyn of opgebou? • Hoeveel grondvog is gebruik om die oes te produseer? Hoe vergelyk dit met vorige seisoene? • Hoe vergelyk die grondvogdata met historiese data en verskillende bewerkingstelsels vir die sones? Watter impak het dit op die komende seisoen? • Hoe effektief (kwantitatief) was die plaag- en onkruidbestuursprogram? • Hoe het die afgelope reënseisoen se plantdatum vergelyk met historiese data DIE STREWE NA HOËR DOELTREFFENDHEID EN EFFEKTIWITEIT HET DIE WEG GEBAAN VIR TEGNOLOGIE WAT ONTWIKKEL IS OM, TEEN ‘N PRYS, MET GROOT AKKURAATHEID GEWASOPBRENGS TE GENEREER OP GROND VAN GRONDPOTENSIAAL. en die impak op opbrengs? Hoe presteer die kultivarpakketvergelyking? Beplanning en herevaluering is slegs die beginpunt. Die volgende stap is die dissipline waarmee die geïdentifiseerde potensiële regstellings op die land geïmplementeer word. Faktore vir evaluasie is onder andere: • Word die toerusting gekalibreer soos beplan of word min of meer toegedien. • Word die toerusting na afhandeling van ‘n taak net gewas en gebêre of word opgevolg wat die werklike toediening was? Word die liters of kilogramme of tonne gekontroleer? • Indien daar verskille is, word die oorsaak hidrolies of elektronies gesoek en reggestel? • Watter impak het grondhelling, grondvog, gronddigtheid of grondtekstuurverskille binne ‘n land op die effektiwiteit van voor-plant kunsmistoediening? Gewasproduksie is ‘n biologiese stelsel wat dinamies is. Beplanning gebaseer op optimale produksie kan beter resultate lewer as manipulasie vir maksimale produksie. • In ‘n omgewing waar die boer oorspoel word met sogenaamde presisieboerderytegnieke en -toerusting, is daar steeds geleentheid om nie meer presies te wees nie. Alhoewel ontwikkeling die lewe vergemaklik het, het dit ook nuwe uitdagings gebring om steeds effektief en winsgewend te boer. Sterkte met die implementering van u besluite. EL NIÑO-VERSKYNSEL: Indien u as klant die siening handhaaf dat u voorsiening moet maak vir ‘n El Niño-jaar, kan die volgende aspekte in gedagte gehou word om produksie- en finansiële risiko te beperk: • Beplan vir ‘n droër jaar en spesifiek ‘n midsomerdroogte. • Plant kultivars wat oor jare getoon het dat dit hitte- en droogteverdraagsaam is. • Skaal af op die plantpopulasie; minder plante gebruik minder water en het nie noodwendig oesverlies tot gevolg nie. Pas ook die ry-wydtes aan. • Hou ‘n deel van die stikstof terug en dien later toe as topbemesting, indien vogtoestande dit regverdig. Aanvanklike hoë stikstoftoediening SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016 55