Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 46

••• AG RI - IW RUBR E KE N K E THYS GROBBELAAR GRAANMARKVOORUITSIGTE: WAT IS ONDERLIGGEND TOT DIE GRAAN- EN OLIESADEPRYSE? INTERNASIONALE FUNDAMENTELE FAKTORE: Die wêreld sit met groot oordragvoorrade ten opsigte van graan en oliesade. Die hoë prysvlakke die voorafgaande drie jaar het produksie tot ‘n groot mate gestimuleer. Verder was daar nie wesenlike natuurrampe wat die produksie kon benadeel nie. Die wêreld se verwagte groei soos voorspel deur die IMF, is ook op relatiewe lae vlakke, veral ten opsigte van die ontwikkelde ekonomie. Die situasie lei daartoe dat die meeste kommoditeite op laer prysvlakke verhandel. Die geykte uitdrukking wat lui: Die kuur vir hoë pryse, is hoë pryse en die kuur vir lae pryse is lae pryse. Dit is presies wat die afgelope tyd gebeur het. DIE INTERNASIONALE MIELIESITUASIE: Soos ons reeds weet, wend die Amerikaners ongeveer ‘n derde van hulle mielie-oes aan om etanol te produseer. Dit is ongeveer 133 miljoen ton mielies. Tot onlangs was die internasionale ru-olieprys op vlakke van $105 tot $110 per vat. T