Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 44

••• RUBR I E K SLAGGATE WILLIE LOUW IN KORTTERMYNVERSEKERING ALLE ITEMS EN/OF GEVARE IS NIE OUTOMATIES OMVATTEND IN ‘N KORTTERMYNVERSEKERINGSPOLIS GEDEK OF VERSEKER NIE. SOOS TROUENS IN DIE VORIGE ARTIKELS OOR ALGEMENE VOORWAARDES EN AFDELING BRAND BESPREEK IS, IS DAAR HEELWAT BEPERKINGS, UITSLUITINGS EN UITSONDERINGS. I n die vorige uitgawe het ons begin fokus op die Brandtipe-afdelings van die polis en meer spesifiek op Afdeling Brand. Ons het gesien dat dit nie alle risiko- of omvattende dekking verskaf aan die versekerde item, hetsy ‘n stoor, windpomp of hooimied nie. Daar is ook gemerk dat daar sekere voorwaardes is waaraan versekerdes moet voldoen, onder andere met die versekering van hooimiedens. Die Agri- of Landboupolis is spesiaal vir die landbou ontwikkel en saamgevoeg uit ‘n Persoonlike (Multiplekstipe) en Kommersiële polis. Sommige polisafdelings, soos byvoorbeeld Huisbewoners, is nie deel van ‘n normale Kommersiële polis nie, maar het die eertydse Sentraboer die unieke situasie van ‘n boer, wat eintlik kwalifiseer vir ‘n Besigheids- of Kommersiële polis, geïdentifiseer en so die eerste Agri-polis die lig 42 laat sien, wat die twee tipes polisse saamgevoeg het. Hierdie onderskeid was nodig omdat elke soort polis sy eie soort risiko’s het. In hierdie uitgawe gee ons aandag aan die eerste ander brandtipe afdeling, nl. Huiseienaars (woonhuisgeboue), wat ook eerder sou ressorteer onder ‘n persoonlike polis. HUISEIENAARS Eerstens moet gekyk word na die woordomskrywing in die polis om te sien wat word gedefinieer as Huiseienaars, nl.: • Die gebou van die private woonhuis waarvan die ligging (waar geleë, bv. Plaas Lareystryd, Lichtenburg) en konstruksie in die bylae (polis) van hierdie afdeling vermeld word; en • Alle huishoudelike vertrekke • Private motorhuise • Private buitegeboue • Tennisbane Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario • • Swembaddens en -pompe Boorgatpompe (wat uitsluitlik water verskaf vir huishoudelike gebruik) • Grens- en ander mure • Hekke en pale (insluitend die masjinerie daarvan) • Heinings (behalwe aangeplante heinings) • Geplaveide en bedekte areas (opritte) van steen, beton en asfalt (nie gruis nie) • Watertenks (vir huishoudelike gebruik) • Vaste toerusting en toebehore behorende aan die eienaar van voorgemelde items • Openbare toevoer- en hoofverbind