Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 43
R UB R IE K
•••
Hoe maak ek my
JACO KRUGER
JAGGEWEER MEER AKKURAAT?
KOM ONS KYK ‘N BIETJIE HOE EK MY JAGGEWEER
MOET BÊRE VIR DIE VOLGENDE JAGSEISOEN.
B
aie skuts skiet net
gedurende die jagseisoen,
dan bêre hy sy geweer vir
volgende jaar se jag. Teen April
volgende jaar haal hy sy geweer
vir die eerste keer weer uit. Wat
hy sien is ‘n nagmerrie. Loop is
geroes en sulke groen skynsels
oor die hout. Dit kan voorkom
word as jy net ‘n bietjie tyd
die vorige jaar spandeer om
die geweer voor te berei vir die
volgende seisoen.
Hoe moet ek my geweer
voorberei vir lang tye
wat dit in die kluis is?
Eerstens, dit moet in ‘n
kluis gebêre word. Die
voorbereiding hang ook af van
waar jou kluis geleë is in jou
huis. Myne is byvoorbeeld
in die badkamer, waar baie
vog die grootste vyand is.
As jou kluis ook in
die badkamer is, moet jy
vogabsorbeerders in jou kluis
hê wat die vog opdroog binne
die kluis. Daar is baie produkte
op die mark, sommige wat
jy net een keer kan gebruik
en dié wat jy, as dit versadig
is, aan ‘n kragbron koppel en
weer kan gebruik. Maak nie
saak watter een jy gebruik nie,
dit moet teenwoordig wees.
Jy moet ook voor die tyd
eksperimenteer en kyk hoe lank
die produk sal hou voordat dit
vervang moet word (hoeveel
vog daar teenwoordig is).
Met stap een voltooi kyk
ons na die jaggeweer. Die
geweer moet skoongemaak
word voor dit gebêre word.
As dit nie gedoen word nie,
sal die koper en carbon wat in
die loop is, hard word oor die
bergingstermyn en as jy die
DEEL 6
geweer weer wil gebruik, is jou
pyne baie groter om dit skoon
te maak. So, maak jou geweer
deeglik skoon voor berging.
Binne die loop moet ‘n dun
lagie olie teenwoordig wees,
verkieslik ‘n dikker tipe olie wat
vir die bergingstermyn sal hou.
Vat ook ‘n lappie met ‘n
dunner tipe olie en vee die hele
geweer af daarmee. Maak seker
jy mis niks, anders gee jy vog ‘n
vashouplek. Sommer ook die
kolf as dit van hout gemaak is.
Daar is ook geweerkouse
op die mark wat jy oor die
geweer kan trek. Hierdie
kous bevat silikon, wat die
geweer beskerm teen vog
en roes. Hierdie is nog ’n
voorsorgmaatreël wat beslis werk.
Versorg jou geweer
mooi voordat dit gebêre
word, aangesien daar baie
skade aangerig kan word
oor die bergingstermyn.
Inspekteer ook jou geweer
gereeld, byvoorbeeld elke
twee maande en kyk of alles
nog reg is sodat enige skade
vroegtydig voorkom kan word.
Jaggewere het duur geword
- so kyk na joune en versorg dit
goed. Die geweer sal dan ook
na jou kyk as jy hom nodig het.
Lekker skiet en geniet dit!
Jaco Kruger het sy nasionale
kleure in Benchrest skiet
verwerf en het sy land verskeie
kere verteenwoordig. Hy is ook
‘n aktiewe SA Jagterslid.
SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016
41