Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 34

••• HA N D E LSN U U S SMUTSVINGER VESTIG MAKLIK MET DIE MOOIRIVIER MENGSEL SMUTSVINGERGRAS (DIGITARIA ERIANTHA) IS BEKEND AS EEN VAN DIE BESTE MEERJARIGE SOMERGRASSPESIES. DAAR IS VERSKEIE SUKSESVOLLE AANPLANTINGS OOR DIE SOMERREËNVALSTREEK WAT VAN DIE SPESIE SE SUKSES KAN GETUIG. WÈAN BENADIE D it is egter ook ‘n bekende feit dat Smutsvinger tot 3 jaar kan neem om suksesvol te vestig as gevolg van inherente saaddormansie (rustende sade). Laasgenoemde kan ‘n probleem wees veral wanneer die area van vestiging besmet is met onkruidsade en daarom sien baie boere die vestiging van Smutsvinger as riskant. Om die frustrasie van stadige vestiging en onkruiddruk te oorkom, kombineer boere verkeerdelik Smutsvinger met Eragrostis Tef. Wanneer Smutsvinger (meerjarige soetgras) met Tef ( eenjarige suurgras) gekombineer word, is die slotsom ‘n ongewenste mengsel van soet- en suurgrasse wat lei tot onsmaaklike weiding 32 en selektiewe benutting deur diere. Die Tef komponent kan verder ook die bron van ongewenste en onsmaaklike meerjarige Eragrostis spesies soos Oulandsgras (Eragrostis curvula) en Taaipol (Eragrostis plana) wees. Dit is dus baie belangrik om die regte spesies te kombineer om ‘n suksesvolle Smutsvingeraanplanting te verseker en vir hierdie rede word die eksklusiewe Mooirivier-Mengsel van Agricol sterk aanbeveel. Die Mooirivier mengsel kombineer: Digitaria eriantha (Smutsvingergras), Chloris gayana (Rhodesgras) en Panicum coloratum (Kleinbuffelsgras) in verskillende persentasies met mekaar om die alles-in-een-mengsel te vorm. Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario VOORDELE VAN DIE MOOIRIVIER-MENGSEL: • Al drie spesies in die Mooirivier-mengsel is meerjarige soetgrasse wat baie smaaklik is, met baie goeie verteerbaarheid. Hierdie grasse dien ook as ‘n uitstekende bron vir staande hooi. • Die spesies komplimenteer mekaar goed aangesien Rhodes- en Kleinbuffelsgras reeds vanaf plant vinnige sterk vestigers is wat onkruidgroei kan onderdruk om aan die Smutsvingergras ‘n onkruidvrye basis bied om oor tyd te vestig. • Die mengsel is geskik vir die meeste grondtipes en groei uitstekend in gebiede met ‘n jaarlikse reënval van 500mm en hoër in die somerreënvalstreke. • Die bestuur van die gevestigde Mooirivier- mengsel is eenvoudig, aangesien bestuurspraktyke geskoei is op normale Smutsvinger bestuurspraktyke. Die aanbevole saaidigtheid vir die Mooirivier-mengsel is: 10-12kg/ha in rye en 1518kg/ha indien breedwerpig gesaai word.