Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 30

••• HA N D E LSN U U S Hartswater word as Certisure se beste gekroon CERTISURE SE HARTSWATER TAK IS OP 22 SEPTEMBER BY MAKADU GOLF WORLD IN KLERKSDORP AS DIE BESTE BESIGHEIDSEENHEID VIR DIE AFGELOPE FINANSIËLE JAAR GEKROON. D ie Hartswater makelaar, Louisa Maritz, het gesê dat dit was ‘n baie groot verrassing vir hulle. Op die vraag oor hoekom hulle gewen het, was haar antwoord dat hoewel hulle ‘n baie klein basis het hulle baie standvastig is en ‘n baie gedugte span is met haarself en Irene van Zyl, wat al 21 jaar saam werk. Die afgelope vier jaar fokus Celeste Burger en Joos Mostert op oesversekering in hierdie area. Talita Oberholzer, die nuweling assistent van die span, is nog net drie maande daar werksaam. Louisa het afgesluit met “’n Tevrede kliënt is ons besigheid”, is bewys is van die werkgees wat by die tak heers. Die Besturende Direkteur van Certisure, Daan Hugo, het by navraag beaam dat hy altyd net goeie energie daar ervaar. “Julle is puik”. Die Finansiële Bestuurder van Certisure, Hugo Calitz, het tydens sy toespraak ook gesê dat “elkeen ‘n belang in die groep het” en het daarmee afgesluit dat hulle as ‘n span suksesvol sal wees. As deel van die eer om as Beste Besigheidseenheid Certisure Makelaars WEN GESOGTE TITEL CERTISURE MAKELAARS IS BY DIE ONLANGSE MUTUAL & FEDERAL MAKELAARSTOEKENNINGS MET ‘N TOP PRESTASIE VEREER. Top Makelaarstoekenning (Goud) vir Certisure! Hier ontvang Daan Hugo die toekenning namens Certisure. Links van Daan is Coenraad de Jager (Uitvoerende Hoof: Persoonlike lyne) en regs is Jan-Hendrik Botha (Streeksbestuurder: Sentrale Streek) van Mutual & Federal. T Hier is Celeste Burger (Makelaar: Oesversekering), Talita Oberholzer (Assistent), Daan Hugo (Certisure), Irene van Zyl (Assistent Makelaar) en Louisa Maritz (Makelaar). Joos Mostert (Makelaar: Oesversekering) was afwesig. 28 van die 2014/2015 finansiële jaar gekroon te word, het die Hartswater Certisure tak R10 000 gewen. ydens die toekennings, wat op Donderdag, 29 Februarie 2015, in Bloemfontein plaasgevind het, het Certisure met die Top Makelaarstoekenning (Goud) in die Landboukategorie – Sentrale Streek, weggestap. Die Besturende Direkteur van Certisure, Daan Hugo, het die sertifikaat in ontvangs geneem, wat oorhandig Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario is deur Mutual & Federal se Coenraad de Jager (Uitvoerende Hoof: Persoonlik lyne) en Jan-Hendrik Botha (Streeksbestuurder: Sentrale Streek). Certisure het die toekenning verwerf nadat hulle uitstekende groei gedurende die laaste jaar getoon het en ‘n winsgewende portefeulje oor ‘n driejaartydperk kon handhaaf.