Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 29

N UUS naaste winkel af”. Die bevolking is dus salig onbewus van waar die voedsel vandaan kom en al die uitdagings wat daarmee gepaard gaan. Met Nasie in Gesprek word daar met hulle gepraat en word begrip hiervoor gekweek. Die program ontwikkel Vir Francois is dit uiters belangrik dat dit ‘n gesprek moet wees en nie ‘n debat nie. Hy verduidelik dat die eerste programme drie jaar gelede daarop gemik was om die gesprek aan die gang te sit. “Die nasie-gedeelte het later bygekom.” Die hele dryfkrag is nou agter die eerste gedeelte, naamlik die nasie. Hy verduidelik dit so: “Die mees kragtige boodskap is as iemand verstaan waarvandaan jy kom. Dan kan hulle amper namens jou veg.” Hy sluit daarmee af dat Suid-Afrika aan die mense van Suid-Afrika behoort. “Dit is hoekom dit Nasie in Gesprek is - ons is die Nasie.” IN GESPREK “GOEIEDAG EN WELKOM BY NASIE IN GESPREK, SAAM MET MY THEO VORSTER.” Dit is die woorde waarmee kykers vir die laaste twee jaar al deur Theo Vorster begroet word. Maar wat weet ons van sy sieninge? Waar het Theo se betrokkenheid begin? Theo Vorster is al sedert die eerste Nasie in Gesprek in 2013 betrokke, toe hy sy verskyning as gas gemaak het. Kort daarna is hy die geleen