Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 20

••• HA N D E LSN U U S Saamstaan op Hoopstad staan uit vir Danie EG SUID-AFRIKAANSE SPESIALISTE VIR DIE GRAANVERKRYGER IN HOOPSTAD, DANIE PRETORIUS, IS DIE SAAMSTAANKULTUUR IN DIE OMGEWING REGTIG IETS UNIEKS. VRA JY HOM VERDER UIT OOR DIE DORP EN SY MENSE, SOM HY OP DAT DIT ‘N “VRIENDELIKE GEMEENSKAP IS WAAR MENS GOU GEMAKLIK VOEL.” HOLLARD AGRI IS ‘N EG SUIDAFRIKAANSE SPESIALIS LANDBOU KORTTERMYNVERSEKERINGSMAATSKAPPY WAT SEDERT SY ONTSTAAN IN 2007 ‘N BELANGRIKE VERSKAFFER VAN LANDBOU- EN LANDBOUVERWANTE VERSEKERINGSPRODUKTE IS. V olgens Danie kring die uniekheid verder uit dat dit ‘n buitegebied is waar plaaslaai baie belangrik is. Hy ken sy werk al goed en dit is geen wonder nie dat hy in 2016 sy 20ste jaar in die sektor sal aanpak. Danie het baie Danie Pretorius ondervinding. Hy het nie tyd gemors nie en direk na skool in 1996 as ‘n junior graangradeerder by die grondboneaanleg in Wesselsbron begin. Daarna het hy as senior gradeerder na Wesselsbron Silo geskuif en is later as Hulpsilobestuurder by Schoonspruit Silo aangestel, gevolg deur ‘n aanstelling as Silobestuurder by Wesselsbron en Graanverkryger in Odendaalsrus. Hy is reeds vir die afgelope 10 jaar op Hoopstad gevestig. Dié man wat baie van bootry en ander watersport hou, vertel sy werk is baie vervullend en dat daar elke dag nuwe uitdagings is. Om dit te staaf spog hy ook met die 2014/2015 Graanverkryger van die Jaar-toekenning wat in sy kantoor pryk. Sy ywerigheid is ook daarin te bespe