Senwes Scenario December - January 2021 | Page 9

NUUS

Senwes nou alleenbeheer oor

Hinterland

Die Mededingingstribunaal het die ontbondeling van AFGRI en Senwes se gesamentlike besit van die kleinhandelsnetwerk , Hinterland , goedgekeur .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Volgens dié besluit , wat die gelyke

vennootskap beëindig , het Senwes nou alleenbeheer oor Hinterland . Na die ontbondeling kry AFGRI die bates en ondernemings terug wat hy aanvanklik tot die gesamentlike onderneming bygedra het . Luidens ʼn verklaring wat deur die tribunaal uitgereik is , is die transaksie goedgekeur op voorwaarde dat geen aflegging van personeel vir ʼn tydperk van twee jaar sal plaasvind nie .
Hinterland is sewe jaar gelede gevorm na die samevoeging van Senwes en AFGRI se handelswinkels . Dié kleinhandelonderneming het 59 takke in ses provinsies en verkoop ysterware en produkte soos besproeiingstoerusting , selfdoenprodukte , dieregesondheidsprodukte , veevoer en brandstof .
Volgens Francois Strydom , Groep Hoof Uitvoerende Beampte , sal die herbelyning van dié kleinhandelsbesigheid tot ʼn meer gefokusde diensaanbod lei . “ Hierdie is ʼn gulde geleentheid vir ons om te verseker dat ons nommerpas oplossings tot die mark voeg ,” sê Francois . Op sy beurt meen Jacob de Villiers , Hoof Uitvoerende Beampte van AFGRI , dat die onderskeie agri-besighede nou die geleentheid het om op hul individuele sterkpunte te fokus .
Die implementeringsdatum vir die ontbondeling was 1 Oktober 2020 .
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2020 7