Senwes Scenario December - January 2021 | Page 43

LANDBOUKUNDIG
l gedurende die melkproses kan die bakterie ingeasem word , of deur die oogslymvliese opgeneem word . Die Brusella abortus-organismes kan vir agt maande in die geaborteerde fetus in die skadu oorleef , vir twee tot drie maande in nat grond , een tot twee maande in droë grond en drie tot vier maande in mis . Om verspreiding te voorkom is dit dus krities belangrik om enige geaborteerde materiaal dadelik te verwyder en te verbrand .
INENTING IS NOODSAAKLIK Die siekte kan voorkom word deur inenting van verse tussen vier tot agt maande met die S19 of RB 51 entstof . Dié inenting moet opgevolg word met ten minste nog twee RB 51 entings . Volgens wetgewing moet alle verse tussen die ouderdom van vier en agt maande teen Brusellose ingeënt word
Produsente word egter gemaan om nie op entings alleen staat te maak nie , maar om ook die nodige voorkomende bestuursaspekte na te kom . Hierdie aspekte sluit onder meer in : l Produsente moet net beeste koop of in hul kuddes toelaat indien hulle van ʼn kudde afkomstig is wat gereeld vir die siekte getoets word . l Moenie net op negatiewe toetsuitslae van aangekoopte diere staatmaak nie . Dit is veral belangrik waar nie-dragtige of vroeg dragtige verse aangekoop word , aangesien besmette verse dikwels eers positief toets wanneer hulle in die laaste derde van dragtigheid kom . l Enige dier wat aangekoop word , moet getoets word en in kwarantyn geplaas word totdat die toetsuitslae bekend is . l Die risiko vir besmetting word verhoog deur nie in te ent teen die siekte nie , diere aan te koop uit ʼn kudde wat nie getoets is nie , nie grensdrade in stand te hou nie en vreemde diere op jou gronde te laat kom hetsy deur die deling van weiding of spekulasie met beeste . Die Nasionale Dieregesondheidsforum beskik oor ʼn inligtingswebwerf wat as platform vir die deel van noodsaaklike inligting en skakeling met kundiges kan dien . ʼn Baie belangrike fokus van die webtuiste is om kennis oor Brusellose te deel . Besoek www . nahf . co . za vir meer inligting .
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2020 41