Senwes Scenario December - January 2021 | Page 42

LANDBOUKUNDIG

WEES WAAKSAAM TEEN BRUSELLOSE

' n Drastiese styging in die voorkoms van Brusellosebesmetting in beeskuddes in Kwazulu-Natal is ʼn bron van kommer vir beesboere .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Volgens die LUR vir landbou en

landelike ontwikkeling in die provinsie , Bongi Sithole-Moloi , het meer as 400 beeste onlangs positief getoets vir die siekte . Die provinsie het sedert 2018 reeds 635 positiewe gevalle van dié siekte aangemeld , waarvan 423 in 2020 alleen aangemeld is . Volgens Sithole-Moloi het die nuutste uitbreking nie net ʼn impak op boerderyaktiwiteite nie , maar ook op verbruikers en die plaaslike ekonomie .
Alhoewel die onlangse uitbreek tot die noordelike gedeeltes van die provinsie beperk is en aan onvoldoende kuddebestuurspraktyke toegeskryf kan word , word alle beesboere gemaan om hul kuddes te toets en in te ent teen die siekte .
MEER OOR DIÉ SIEKTE BY BEESTE Brusellose , of besmetlike misgeboorte ( BM ), veroorsaak infertiliteit en misgeboortes ( aborsies ). Dit is ' n hoogs aansteeklike siekte en word deur besmette diere in die kudde ingebring . Dit kan ook deur roofdiere , wat geaborteerde materiaal na die plaas aandra , ingebring word .
Beeste kan die siekte opdoen deur dekking , of kontak met ' n besmette , pasgebore kalf , of geaborteerde materiaal , soos byvoorbeeld wanneer aan die plasenta , kalf of fetus geruik of gelek word . Die bakterie kan ook deur die oogslymvlies opgeneem of ingeasem word . ' n Kalf wat van ' n geïnfekteerde moeder gebore word , behou die siekte en dra dit sodoende voort .
Dit is dikwels moeilik om besmetting te identifiseer en tekens van die teenwoordigheid in ' n kudde sluit verliese deur aborsies , verlaagde melkproduksie en verlengde interkalfperiodes in . Besmette kalfies is dikwels swak en vrek kort na geboorte . Teruggehoue nageboorte , met gevolglike baarmoederinfeksie , kom by kroniese gevalle voor . Gewrigsinfeksies kom ook soms voor .
Indien rekordhouding onvoldoende is , kan dit lank neem om agter te kom dat daar ' n verlaagde produksietendens in die kudde is en die siekte kan vir jare lank in die kudde sirkuleer sonder dat die boer daarvan bewus is .
BESMETTING VAN MENSE Van groot belang is dat die siekte ' n soönose is .
' n Soönose is ' n siekte wat tussen mens en dier aansteeklik is . Dit veroorsaak Brusellose of Wisselkoors in mense en juis as gevolg van die feit dat dit na mense oorgedra kan word , is dit ' n beheerde siekte . Mense kan die siekte opdoen deur byvoorbeeld : l in kontak te kom met geaborteerde materiaal , l kunsmatige inseminasie van positiewe koeie , l bystaan met kalwing , l deur die gebruik van ongepasteuriseerde melk en suiwelprodukte ,
40
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2020