Senwes Scenario December - January 2021 | Page 41

NUUS NEWS

Senwes Credit spog met ʼn nuwe baadjie

Binne die konteks van die Suid-Afrikaanse landbousektor , sal die jaar 2020 verseker vir die Senwes Groep van maatskappye as ʼn waterskeidingsjaar bekend staan .

Agri credit solutions

credit

Na die samevoeging van die Senwes en die Suidwes handelsmerke , het dié groep na vore getree as een van die land se grootste gekombineerde agribesighede .

Een van die opwindende gevolge van die samevoeging is die totstandkoming van Agri Credit Solutions .
Senwes se kredietverskaffingseenheid , aan u bekend as Senwes Credit , word vanaf 1 Desember 2020 gekonsolideer met die Suidwes kredietverskaffingseenheid , Agri Capital , en sal voortaan bekend staan as Agri Credit Solutions , onder ‘ n nuwe opwindende handelsmerk . Die Senwes Credit handelsmerk sal egter bly voortbestaan . Agri Credit Solutions sal as drie divisies besigheid bedryf , naamlik Senwes Credit , Suidwes Credit en KLK Credit .
Hierdie samevoeging van besigheidseenhede sal tot hernude fokus op voortgesette diensverskaffing lei , terwyl die kliënt die speelveld van ‘ n groter gekombineerde landboubesigheid betree .
By Agri Credit Solutions verstaan ons die uitdagings wat produsente in die gesig staar , hetsy as gevolg van ʼn sukkelende ekonomie , onvoorspelbare klimaatstoestande of die onsekerheid wat verandering teweegbring . Ons reeks unieke en aanpasbare finansiële produkte stel ons in staat om die kliënt in elke besigheidstransaksie te ondersteun , terwyl ons kundige adviseurs met innoverende probleemoplossing kan help .
Besoek gerus die Senwes webblad vir meer inligting ( www . senwes . co . za ) of skakel 018 464 7300 vir meer inligting . credit
credit
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2020 39