Senwes Scenario December - January 2021 | Page 4

Uit die Woord
ALGEMEEN | GENERAL

Editor ' s letter

Uit die Woord

COLUMN | RUBRIEK

Season ’ s Greetings

We are winding down to the last few weeks in what has been a year for the history books .

Instead of the usual excitement that accompanies this time of

the year , the air is still thick with anxiety in anticipation of what is to come . None of us is rushing to make any definite resolutions for the upcoming year because as we have come to learn that anything can happen at any moment .
More than anything , in true Christmas season spirit , we are approaching this year-end with heaps of gratitude . We are grateful to be alive , grateful to be part of a sector that has been the backbone of our country through this unforeseen crisis .
Senwes has experienced many highlights during the year , the biggest one being the merger with Suidwes . In this edition , we take you through the exciting new changes in operations brought on by the merger and showcase how the Senwes Group is driving the goal to provide integrated agribusiness solutions to their clients .
Agriculture had its moment in the sun this year . There were so many reasons to celebrate . We celebrate the highs that the sector experienced in 2020 with articles about the record grain harvest , exciting export prospects for the citrus industry and we also look to the future with articles about how technology can enhance your business .
The end of the year is not only a time for rest , but it is also a time for reflection and restoration . May the goodness of God cover you and your loved ones this festive season . And may the New Year bring renewed hope and replenished energy resources .
Merry Christmas
Kefiloe Manthata
EDITOR

Op pad

– op God se pad

Johan Schoeman
11
Toe ek ’ n kind was , het ek gepraat soos ’ n kind , gedink soos ’ n kind , geredeneer soos ’ n kind . Maar noudat ek ’ n man is , is ek klaar met die dinge van ’ n kind . Dis die bekende woorde van Paulus in 1 Korintiërs 13:11 . Dit skets die verhaal van die lewe waarin ons leef . Nie net verwoord dit die feit dat elke individu opgroei en stelselmatig anders oor die lewe begin dink , omdat ons leer , wyser word en dinge anders doen as wat ons dit in die begin gedoen het nie , maar dit raak ook die beginsel dat ons deurlopend moet verander om in pas te bly met die uitdagings van die lewe . Dit is nie net waar in ons persoonlike lewe nie , maar ook in ons boerderyvertakking waar ons deurlopend aanpassings maak en nie meer dinge doen soos ons dit in die begin gedoen het nie .
Maar dit is veral , en dis hier waarop Paulus fokus , op ons geloofslewe van toepassing . Waar ek van kindsbeen af opgegroei het met die verhaal van “ Liewe Jesus ”, die baba in die stal en daarna verwonderd vasgevang gestaan het oor die ongelooflike wonders wat God gedoen het en later ook deur gewone mense soos Elia , Dawid , Daniël , Petrus en verskeie ander , het ons God op ons lewenspad ook leer ken as ons Herder , en Jesus , die Wonderwerker by uitstek , as die Kruisdraer , ons Verlosser . Ons Herder na groen weivelde en waters waar rus is , ons Herder deur ons dal van doodskaduwee en deur die winters en die somers van ons lewens .
Noudat ek “ groot ” is en ek anders dink , praat en redeneer oor die lewe en veral ook oor my verhouding met my Herder , besef ek opnuut waar ek in God se prentjie inpas . Ek besef my afhanklikheid van Hom , daarom soek ek na Sy wil vir my lewe . My anders dink , anders praat , anders redeneer maak dat ek sekere dinge agter my sit , my verwagting opnuut in my Herder stel en saam met Hom die toekoms tegemoet stap , juis omdat ek weet Hy sal my nooit alleen laat nie ! Ongeag hoe onseker my prentjie van die lewe ookal mag lyk , God ken reeds die pad wat Hy met ons elkeen stap . Inteendeel , Hy is daar en sal ons selfs dra as nodig .
Ek bid : Here help my om my lewenspad , saam met U te stap .
2
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2020