Senwes Scenario December - January 2021 | Page 26

NUUS

SENWES KERSBOOMPROJEK

SORG WEEREENS VIR PRET EN PLESIER

Nie eens die koronaviruspandemie kon ʼn stokkie voor die jaarlikse Senwes Kersboomprojek ten bate van liefdadigheid steek nie . Al het hierdie jaar se projek baie anders daar uitgesien as in die verlede , was vrolike gesiggies steeds aan die orde van die dag .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die organiseerders het geen

maklike taak gehad nie . Nie net moes hulle verseker dat daar aan die voorgeskrewe voorsorgmaatreëls voldoen word nie , hulle moes ook seker maak dat dié joligheid van groot pret en plesier getuig . So gesê , so gedaan .
NUWE BAADJIE VIR ʼn TROTSE TRA- DISIE
Vanjaar is die Senwes Kersboomprojek vir die 13de keer aangebied , en vanweë die koronaviruspandemie moes daar aan ʼn rits voorsorgmaatreëls voldoen word . Om dié rede is daar nie oudergewoonte een groot partytjie by Senwes se hoofkantoor gehou nie , maar eerder nege kleiner partytjies in Klerksdorp , Orkney en Viljoenskroon .
EN WAT IS ʼn PARTYTJIE SONDER KERSVADER EN GESKENKE ?
Kersvader het op ʼn kleurvolle karnavalvlot sy verskyning by die meeste van die instansies gemaak en is luidkeels verwelkom , terwyl oud en jonk op die maat van opgewekte musiek gedans het . Sekere instansies kon , weens praktiese redes , nie met die vlot getrakteer word nie , maar is steeds bederf met geskenke en eetgoed . ʼn Rugsakkie gevul met lekkers en persoonlikesorgprodukte is aan elke van die ongeveer 600 partytjiegangers oorhandig .
Tussendeur die pret op die springkastele en waterwurms is daar heerlik gesmul aan boereworsrolle terwyl ʼn roomyskarretjie gesorg het vir ʼn ekstra ( soet ) lafenis teen die somerson .
Die vlot het vanaf 26 Oktober tot 4 November by die volgende instansies aangedoen :
• SAVF Rethabile Kinderhuis
• Daphne Lee Gemeenskapsorganisasie
• Janie Schneider Skool
24
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2020