Senwes Scenario December - January 2021 | Page 25

NUUS

SENWES PRESTEER

GOED IN COVID-JAAR

Die finansiële resultate van die Senwes Groep toon ‘ n verhoging in omset van 80 % na R3,517 miljard ( 2019 : R1,954 miljard ), terwyl verdienste voor rente , depresiasie en amortisasie met 49 % gestyg het , naamlik van R343m tot R511m . Kontantvloei gegenereer uit bedryfsaktiwiteite beloop R440m - 29,8 % hoër as die R339m wat gedurende die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar gegenereer is .
‘ n Wins toeskryfbaar aan normale ekwiteitshouers van R281m is vir die eerste ses maande geëindig 31 Oktober 2020 aangeteken - ' n 67,3 % verhoging vanaf R168m vir die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar .
“ Die eerste ses maande van 2020 sal altyd met die Covid-19 pandemie vereenselwig word , terwyl lae oordragvoorraadvlakke , laat aanplantings , oormatige reënval in April 2020 en die swak kwaliteit van graan soos wat die seisoen verloop het op Senwes Groep-vlak ‘ n beduidende impak gehad het . Ondanks hierdie faktore , het die Senwes Groep beter presteer as wat aanvanklik verwag is . Die prestasie van die landboutoerustingsbesigheid het verbeter teenoor die vorige jaar , met ' n verhoging in totale omset van 74 % vir die jaar tot op datum . Die groter oes , tesame met die aansienlik hoër kommoditeitspryse , laer rentekoerse en goeie vooruitsigte vir die komende seisoen , het ' n positiewe impak op hierdie mark gehad ,“ sê Francois Strydom , Senwes Groep Hoof Uitvoerende
Beampte .
Ander hoogtepunte is ' n interim dividendverklaring van 32 sent per aandeel ( 2019 : 30s / aandeel ), terwyl die netto batewaarde van die groep met 12,4 % verhoog het na R16,3 per aandeel . Verdienste per aandeel van 164,1 sent is gelewer vir die eerste ses maande , wat 65 % hoër is as die 99,7 sent / aandeel vir die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar .
VOORUITSIGTE 
 “ Weens die ontbondeling van die gesamentlike kleinhandelsbesigheid met Afgri , Hinterland , die konsolidasie met Suidwes , wat teen Januarie 2021 op die laatste afgehandel sal wees , sowel as die vinniger as verwagte herstel van besighede in die portefeulje na die verslapping van die Covid- 19 maatreëls , behoort die momentum voort te duur vir die volgende ses maande ,” volgens Strydom .
“ Voeg daarby ' n normale tot bo-normale landbousiklus vir die somergraangebiede , en die Senwes Groep behoort goeie resultate teen 30 April 2021 af te lewer . Dit word egter voorsien dat opwaartse druk op kommoditeitspryse en die beskikbaarheid van kwaliteit witmielieprodukte gedurende die laaste kwartaal van die finansiële jaar sal verhoog ,” sê Corné Kruger , Senwes Groep Hoof Finansiële Beampte
EINDE Navrae : Francois Strydom Groep Hoof Uitvoerende Beampte Tel : + 27 18 464 7115 francois . strydom @ senwes . co . za www . senwes . co . za
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2020 23