Senwes Scenario December - January 2021 | Page 23

NUUS

Om ‘ n verskil in mense se lewens te maak , is die hoogste prioriteit .

Francois Strydom , Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes .

SENWES VIER 111 JAAR VAN

WAARDETOEVOEGING

Senwes se wortels is stewig in die landbou geanker en dié landboumaatskappy kyk in 2020 terug op ‘ n ryk en trotse geskiedenis wat oor 111 jaar strek .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis mense se lewens te maak , is die hoogste prioriteit ,” sê Strydom .
Gegewe die verloop van die geskiedenis en die talle uitdagings wat die hoof gebied moes word , meen Francois dat hierdie visie en deursettingsvermoë getuig van die veerkragtigheid en aanpasbaarheid van Suid-Afrikaners , en meer nog , van die georganiseerde landbousektor .

Die verhaal van die Senwes Groep is gegrond op ‘ n klantgerigte visie en getuig van innovasie en aanpassing van geslag tot geslag . In ‘ n onlangse mediaonderhoud vertel Francois Strydom , Senwes se Hoof Uitvoerende Beampte , dat dié ingesteldheid op waardetoevoeging as ' t ware die hoeksteen van die groep se besigheidstrategie is . “ Om ‘ n verskil in

‘ N DROOM EN ‘ N RIT TE PERD Francois vertel dat dit alles vir die maatskappy begin het met die droom van ‘ n groep mense met “ ongelooflike visie ” in die vroeë 1900 ’ s . Op daardie stadium moes dié denkers nog boonop ver afstande te perd aflê om boere byeen te bring vir die stigting van die destydse Centraal Westelijke Co-Operatieve Landbouw Vereniging .
ALMAL HET ‘ N ROL OM TE SPEEL Volgens Francois kan die sukses van die Senwes Groep nie toegeskryf word aan enkele individue nie , maar eerder aan die volgehoue insette en samewerking van almal binne die groep . Dit sluit personeel , besigheidsvennote , klante , aandeelhouers en die groter landbougemeenskap in .
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2020 21