Senwes Scenario December - January 2021 | Page 18

LANDBOUKUNDIG Belowende plantseisoen wag op saaiboere

Dit is planttyd in die Vrystaat , en saaiboere sien versigtig-optimisties uit na ʼn goeie seisoen , gegewe die bevorderlike weerpatrone en die gunstige markpryse .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Volgens Francois Strydom , Groep

Uitvoerende Hoof van Senwes , is die verkope van saad , kunsmis , kalk en selfs werktuie hoër as ʼn jaar gelede . Dié verkope kan as ʼn leidende aanwyser beskou word vir die komende seisoen en die styging dien voorts as ʼn redelike akkurate aanduiding dat boere beoog om meer te plant as ʼn jaar gelede .
Dié vooruitsig stem ooreen met die syfers wat deur die Nasionale Oesskattingskomitee bekend gemaak is , en wat daarop dui dat kommersiële boere in die somerreëngebied van voorneme is om 5,81 % meer mielies en 11,4 % meer sojabone te plant .
Francois skryf hierdie gewaarwording toe aan die feit dat produsente gewoonlik sterk reageer wanneer die winsgewendheid van ʼn graansoort styg , soos nou met witmielies die geval is . In vergeleke met vyf maande gelede , is die prys met tussen R400 per ton en R500 per ton hoër . Die prys van oliesade teenoor witmielies lyk ook heelwat gunstiger as ʼn jaar gelede en indien dit goed reën , sal produsente ook heelwat meer sojabone en sonneblom aanplant .
* Lees die volledige artikel , soos dit op Landbou . com verskyn het , hier : https :// bit . ly / 366r60m
16
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2020