Senwes Scenario December - January 2021 | Page 16

NEWS

NOODROEP NA

BRANDE

VERWOESTING SAAI

In een van die ergste brande nog dié seisoen en die afgelope paar jaar , is sowat 100 000 ha in die Boshof / Dealesville / Hertzogville area verwoes .

Behalwe honderde stuks vee en

wild wat doodgebrand het , het talle huise ook in die slag gebly
In ʼn persverklaring wat deur Vrystaat Landbou ( VL ) uitgereik is , sê dr Jack Armour , Operasionele Bestuur van Vrystaat Landbou , dat die brande deur betogers gestig is wat blykbaar oor swak dienslewering betoog het . Die erge hitte en sterk wind het die situasie verder bemoeilik .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis
“ Beeste het in sommige situasies sewe plase ver gehardloop om van die vuur te ontsnap ”, sê Armour . “ Alhoewel daar geen lewensverliese was nie , is ons bewus van boere wat ernstige brandwonde opgedoen het en ons wens hulle ʼn spoedige en vinnige herstel toe .”
BRANDSTIGTING WORD ONDERSOEK
Vrystaat Landbou is reeds besig om met behulp van sy grondvlakstrukture ʼn opname te maak van die skade , maar op hierdie stadium blyk dit dat veral voerskenkings ʼn ernstige behoefte is .
“ Vrystaat Landbou verwelkom die feit dat die SAPD reeds ‘ n saak van brandstigting ondersoek en beskuldigdes reeds gearresteer is . Ons kan nie toelaat dat boere en plaaswerkers se lewens verd- er op risiko geplaas word in die huidige omstandighede as gevolg van kriminele aktiwiteite , soos brandstigting , nie ,” sê Armour
ALMAL RAAK BETROKKE
Na afloop van die brande het Suid- Afrikaners hul harte én beursies oopgemaak en hulp het van alle oorde af ingestroom .
Die Senwes Groep het hulpverlening onder die vaandel van die AVC Food Umbrella-projek aangebied . Volgens Francois Strydom is dié projek juis in die lewe geroep met tye soos hierdie in gedagte : ʼn tyd waarin mense hoop én hulp nodig het . Die projek is ontwerp om derhalwe noodleniging aan kwesbare individue en gemeenskappe , ook die versorging van lewendehawe tydens krisistye in te sluit .
Gegewe die groot behoefte wat daar na die brande vir veevoer bestaan , is ʼn beroep vir bydraes gedoen wat via georganiseerde landboustrukture aan produsente wat deur die brande geraak is , versprei sal word . Skenkings kon gemaak word deur mielies by enige Senwes Grainlink silo op leweringsnommer 418688 te lewer met die verwysing # BrandHulp .
* Volgens Armour is die brande tans onder beheer , maar dele van die Wes- Vrystaat bly steeds ʼn risiko weens die heersende hittegolftoestande
14
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2020