Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 8

NUUS

Goeie tussentydse resultate vir die Senwes Groep

Annette Willemse Kommunikasiespesialis
Die finansiële resultate van die Senwes Groep weerspieël ʼn 47,8 % toename in omset ten bedrae van R5,2 miljard ( 2020 : R3,5 miljard ), terwyl verdienste voor rente , depresiasie en amortisasie van R511 miljoen tot R533 miljoen toegeneem het .

Wesensverdienste het sy vorige rekordlopie van R224 miljoen met 35,3 % tot R303 miljoen oorskry .

Kontantvloei gegenereer uit bedryfsaktiwiteite beloop R548 miljoen – 24,5 % hoër as die R440 miljoen wat gedurende die oorstemmende tydperk van die vorige jaar gegenereer is . ʼn Wins toeskryfbaar aan ekwiteitshouers van die houermaatskappy van R302 miljoen is gelewer vir die ses maande geëindig op 31 Oktober 2021 – ʼn 7,5 % toename vanaf die R281 miljoen van die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar .
“ ʼn Uitsonderlike landbouproduksie-en kommoditeitspryssiklus , tesame met die ontsluiting van sinergieë uit samesmeltings en die herorganisasie van die groep se sakemodel , het rekordresultate vir die eerste ses maande van die finansiële jaar tot gevolg gehad ,” sê Francois Strydom , Groep Hoof Uitvoerende Beampte .
Ander finansiële hoogtepunte is ʼn tussentydse dividendverklaring van 34 sent per aandeel ( 2020 : 32 sent / aandeel ) terwyl die netto batewaarde van die groep met 10,7 % tot R18,04 per aandeel toegeneem het . ʼn Genormaliseerde wesens- verdienste per aandeel van 185,7 sent is in die eerste ses maande gelewer , wat 21,6 % hoër is as die 152,7 sent / aandeel vir die ooreenstemmende tydperk van die vorige jaar . VOORUITSIGTE
Strydom verduidelik dat hoë reënval en gunstige grondvogvlakke ʼn goeie seisoen tot gevolg behoort te hê . Hy voeg by dat daar voorsien word dat graankommodi- teitsuitvoere sal toeneem , wat waarskynlik laer graanoordragvoorraad vir die volgende seisoen tot gevolg sal hê .
In terme van die groep , is Senwes daartoe verbind om sy strategiese diversifikasiedryf na laer risikomarkte voort te sit . EINDE Navrae : Francois Strydom Groep Hoof
Uitvoerende Beampte Tel : + 27 18 464 7115 E-pos : francois . strydom @ senwes . co . za www . senwes . co . za
6
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021