Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 50

NUUS
BYVOEGING TOT VEEVOER HELP OM METAANGAS TE BEPERK
Metaangas wat deur herkouende diere vrygestel word , is een van die wêreld se grootste uitdagings in die stryd teen klimaatsverandering .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Dit word gereken dat ʼn enkele bees tussen 200 liter en 250 liter metaangas per dag in die atmosfeer vrystel .

In die lig hiervan en die globale veldtog teen kweekhuisgasse het ʼn Nederlandse maatskappy , Royal DSM , ʼn produk ontwikkel wat by die veevoer van vleisbeeste , melkkoeie , skape en bokke gevoeg kan word om die vrystelling van metaangas te verminder .
Volgens Royal DSM help die produk , Bovaer , om klimaatsverandering teen te werk en is dit ontwikkel na intensiewe samewerking tussen wetenskaplikes en vennote wêreldwyd . Die maatskappy verwys na dié produkontwikkeling as “ Projek Skoon Koei ” en noem dat dit meer as tien jaar geduur het om die produk saam te stel . Navorsers van 13 lande op vier vastelande het voorts aan die ontwikkelingsproses deelgeneem .
Dié produk is na bewering so doeltreffend dat Brasilië , die wêreld se grootste uitvoerder van beesvleis , daarin belê en die owerhede daar toestemming gegee het dat dit in die land verkoop mag word . Chili het ook die produk se verkope goedgekeur .
SO WORD DIE PRODUK GEBRUIK
Volgens Royal DSM is slegs ʼn kwart teelepel Bovaer per dag per dier genoeg om die vrystelling van metaangas deurlopend met ongeveer 30 % vir melkkoeie , en selfs tot 90 % vir vleisbeeste , te verminder .
Die produk onderdruk die opbouing van metaangas in diere se mae wanneer hulle vreet en breek die metaangas verder af voordat die res in die atmosfeer vrygestel word .
48
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021