Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 47

JOHANNESBURG

MARKET

SERIOUS PROBLEMS DUE TO THEFT OF ELECTRICITY CABLES
NUUS
The Johannesburg fresh produce market is facing serious problems due to the theft of electricity cables earlier in the week . The power has still not been restored .
Annette Willemse Communication Specialist

According to Christo van der Rheede , Agri SA ’ s executive director , the lack of electricity has a disastrous impact on the quality and safety of agricultural products . He adds that the situation is unacceptable for a market that provides agricultural products to 15 million people daily .

In light of this , Agri SA appeals to the Johannesburg City mayor and council to do everything in their power to restore the electricity supply to the Johannesburg market and to put security measures in place to prevent the theft of cables in future .
“ During power outages the market does not have the ability to supply power to the cold storage rooms . This has resulted in these storage rooms operating without cooling since 26 October 2021 , with disastrous consequences to agricultural products . The value of stock in these cold rooms amounts to between R30 million and R61 million rand ,” explains Van der Rheede .

PANDEMIE PLAAS BLAARSLAAIBEDRYF ONDER DRUK

Die impak van die koronaviruspandemie het daartoe aanleiding gegee dat die aanplanting én verbruik van blaarslaai in Suid-Afrika drasties verander het .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Volgens Dew Crisp , ʼn groot blaarslaaiverskaffer met bedryfsentrums in Johannesburg en Kaapstad , het Covid-19 en die gepaardgaande inperkingsregulasies en aandklokreëls , ʼn rampspoedige effek op die gasvryheidsbedryf en die restaurantsektor gehad .

“ Ons produksievolumes is onder groot druk geplaas en telkens net wanneer ons dink die sektor toon tekens van herstel , dan word ʼn nuwe aandklokreël ingestel ,” verduidelik Deon Vermaak van Dew Crisp en voeg by dat die oppervlakteskatting vir blaarslaai vanjaar 15 % tot 20 % minder was as vorige seisoene .
Die aandklokreël van 21:00 uur , wat onlangs aangepas is , het volgens Vermaak ‘ n einde aan spitstyd by restaurante veroorsaak , wat die vraag na blaarslaai , veral die Salonovavariëteit , verminder het . Met die aanvang van die eerste streng inperkingstydperk gedurende 2020 moes produsente , volgens Vermaak , tientalle hektaar blaarslaai omploeg en het die vraag eers weer na behore toegeneem toe kitskos-deurrye weer toegelaat is .
Die Iceberg-variëteit vaar volgens Vermaak beter , hoofsaaklik omdat kitskosrestaurante baie hiervan gebruik vir onder meer slaai .
As dit kom by spesialis-variëteite , veral met betrekking tot rooi- en groenblare en die Crunchita-variëteit , is die aanvraag tans baie laag omdat verbruikers onder groot druk verkeer .
Produsente in Noordwes en Mpumalanga meen die vraag na spinasie en kool het toegeneem , terwyl daar ook ʼn neiging bespeur word van verbruikers wat eerder rou groente koop omdat dit ʼn langer raklewe het .
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021 45