Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 46

NUUS

GLOBALE TOENAME

IN PRODUKSIE LAAT OLIES SE PRYSE DAAL

Vuisvoos verbruikers sal bly wees om te hoor dat die pryse van produkte soos sonneblom- , palm- en sojaboonolie na verwagting in die eerste ses maande van aanstaande jaar sal daal . Dié verlaging in pryse is te danke aan ʼn toename in produksie en voorrade van groente-olies .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Volgens Thomas Mielke , uitvoerende hoof van die markontledingsdiens Oil World , is die hoë pryse wat tans ondervind word nie volhoubaar nie en is daar reeds aanduidings dat pryse begin om te daal . Hy voeg by dat daar beslis potensiaal bestaan vir ʼn groter afwaartse aanpassing in die nabye toekoms .

Vanweë die huidige hoë pryse het verbruikers , volgens Mielke , hul verbruik van eetbare olies verminder terwyl produsente terselfdertyd hul aanplantings wêreldwyd met 9 miljoen hektaar vergroot het . Dié tendens gee daartoe aanleiding dat voorsien word dat die tien vernaamste oliesade se produksie met 25 miljoen ton verhoog sal word tot ʼn nuwe hoogtepunt van 611 miljoen ton . ʼn Toename in produksie van sowat 7 miljoen ton van sonneblomsaad , palmolie , sojabone en raapsaad , soos wat dit in die 2021-2022-seisoen daar uitsien , verteenwoordig die grootste groei in dié sektor in vier jaar .
Hoewel die pryse van olies sal afneem , voorspel Mielke dat die pryse van oliekoek na verwagting relatief hoër sal wees .
SONNEBLOMSAAD
Wat sonneblomsaad betref was die afname in produksie van 5,3 miljoen ton wêreldwyd gedurende die 2020-2021-seisoen die grootste ooit en die verwagting is dat produksie vanjaar met 7 miljoen ton tot 57,7 miljoen ton sal toeneem .
Die Oekraïne dra 17 miljoen ton tot dié totaal by , gevolg deur Rusland met 15,3 miljoen ton en die Europese Unie met 10,5 miljoen ton .
PALMOLIE Die produksie van palmolie was reeds gedurende die vorige seisoen ongeveer 1,4 miljoen ton groter en verdere groei van sowat 4 miljoen ton word vir hierdie seisoen voorspel . Volgens Mielke kan die tekort aan nuwe aanplantings die afgelope drie jaar opbrengste belemmer , terwyl ʼn tekort aan arbeiders ook as ʼn uitdaging beskou word .
SOJABONE
Aansienlike groei word in die produksie van sojabone in die vooruitsig gestel . Produksie sal na raming met 17 miljoen ton toeneem tot 379 miljoen ton .
Dit word voorts voorspel dat die produksie van sojabone vinniger sal toeneem as die verbruik en sojabone sal 62 % van alle oliesade verteenwoordig .
Wêreldwyd kan weersomstandighede , Covid-19 , energiepryse en lande se vermoë om in te voer as moontlike uitdagings beskou word .
RAAPSAAD EN KANOLA
Die produksie van hierdie oliegroepe het vanjaar tot en met 62 miljoen ton gedaal , die laagste vlak in 13 jaar .
44
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021