Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 40

NUUS
37 | Blueberry Industry
SA CONDITIONS
Mouton says South Africa ' s diverse climatic regions allow for the production of widespread blueberry varieties . The future for blueberry production looks bright if our existing and new emerging farmers learn from the mistakes made in the past , improve their production methods and quality of produce .
" It is important for producers to stay close to the markets and give consumers what they want . Furthermore , producers must work and collaborate with exporting companies to make sure they are aligned in terms of strategies and market requirements ."
According to Jansen van Rensburg , the older varieties struggle to compete in international markets at retail level . Blueberries planted in the northern regions of South Africa enter the market before the major Peruvian peak volumes . In the Western Cape it is important to focus on preferred varieties due to the timing of their harvest .
TAKE NOTE
Schutte advises farmers to do their homework before they start producing blueberries . They must make sure they plant varieties suitable for their areas and work with the right exporters .
" The days are over where you can just put any blueberry on the market . You must have something that is different and outshines the rest . South Africa has good varieties . However , there is still work to be done on our post-harvest practices to ensure our produce reaches markets in top condition ," says Schutte .

SENWES

GRAINLINK

GROEI JOU LOOPBAAN MET GRAAN

Is jy ʼn skoolverlater wat kopkrap oor ʼn moontlike
beroepsrigting ?
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Soek jy na ʼn nuwe uitdaging in jou huidige professionele loopbaan ? Miskien is jy lief vir landbou en is jy nuuskierig oor watter beroepsmoontlikhede daar bestaan ?

Een ding is seker : Senwes Grainlink is dalk net die antwoord waarna jy soek .
DIE SILOBEDRYF AS ʼn DINAMIESE BEROEPSVELD
Beroepsmoontlikhede in landbou is nie net beperk tot boerdery nie , maar fokus eerder op die algehele voedselwaardeketting . Om dié rede sluit beroepsmoontlikhede alles in van tegnologie tot besigheidsbestuur , bemarking , verkryging , wetenskap , entrepreneurskap en navorsing , tot meganiese en elektriese beroepe . Een so ʼn beroepsrigting is die van silobe- stuurder . Volgens Pieter Malan , uitvoerende bes- tuurder : Grainlink Bedryf , kan die belangrike rol wat silobestuurders en -hulpbestuurders in die gestanddoening van Senwes se waardeproposisie , naamlik die veilige en effektiewe hantering en berging van graan , nie genoeg beklemtoon kan word nie . Hierdie bestuurders is daarom nie net kwaliteitskampioene nie , maar ook strategiese en operasionele rolspelers wat waarde tot die totale graanwaardeketting voeg .
Vir Graham Lottering , operasionele bes- tuurder : Grainlink Bedryf , is silobestuurders en -hulpbestuurders twee van die belangrikste posisies in die graanbedryf , nie net vanweë hul uitsette nie , maar ook die kennis en vaardighede waaroor hulle beskik . Hy som dit op deur te sê dat as algemene bestuurders , hierdie twee persone graanspesialiste is wat vertroud is met elke faset van die besigheid , of dit nou finansiële bestuur , strategiese beplanning , ingenieursaangeleenthede of mensebestuur is .
# GROEIMETGRAAN Die Senwes Grainlink # GroeiMetGraan inligtingsveldtog is onlangs van stapel gestuur , en het dit ten doel om nie net die belangrikheid van silobestuur te beklemtoon nie , maar ook die aandag te vestig op die verskillende beroepsmoontlikhede wat die graanbedryf bied .
Meer nog , sal die veldtog ʼn lansie breek vir silobestuurders , as belangrike rolspelers in die graanwaardeketting .
Behalwe vir onderhoude en video opnames met Pieter en Graham , sal huidige Senwes Grainlink silo- en hulpbestuurders ook hul ervaringe oor dié dinamiese beroepsrigting met belangstellendes deel . Vir meer inligting oor beroepsmoontlikhede binne die Senwes Groep van maatskappye besoek www . groupcareers . co . za of besoek Senwes se Facebookblad en volg die hutsmerke # GroeiMetGraan en # BestOfBothWorlds .
38
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021