Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 22

NUUS

KOFFIE , BESKUIT EN DIE SENWES TOEP

NOU PRAAT JY

Daar is min dinge wat so goed ( én lekker ) by mekaar pas soos ʼn beker boeretroos en tuisgebakte beskuit .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Vir generasies lank reeds put Suid- Afrikaners genot hieruit , en gebruik hul dié tyd om bestek te neem van elke nuwe dag , om ʼn blaaskans te vat en om tyd saam met vriende en familie te bestee .

Danksy die gerief en funksionaliteit wat die nuwe Senwes toep ( Senwes App ) gebruikers bied kan die koffie-en-beskuit-tradisie nou ook ʼn tyd word waarin gebruikers , met een oogopslag , hul vinger op die landboupols kan hou .
Dié toep bied nie net aan bestaande en potensiële kliente die geleentheid om op hoogte te bly van nuwe produkreekse , afslagaanbiedinge , en Senwes se diensaanbod nie , maar ook om hul onderskeie agri-besighede doeltreffend te bestuur . Laasgenoemde word vergemaklik deur intydse markpryse en -tendense, aandeelhouer-inligting ( Senwes en Agribel ) asook die verkryging van besigheidsdokumentasie , soos rekeninginligting en maandstate .
Ander kenmerke van die toep sluit in toegang tot die nuutste weertendense , daaglikse landbounuus , die vermoë om jou naaste Senwes-bedryfspunt op te spoor , ʼn kennisgewingsentrum én ʼn gerieflike biometriese aantekeningsproses . Gebruikers kan ook aktief in gespreksvoering deelneem deur artikels na ander sosiale platforms te deel en deur middel van terugvoering aan te dui of hulle die inhoud interessant of hulpvaardig beskou , al dan nie . Gebruikers kan ook hul bekommernisse , klagtes of voorstelle met die ontwikkelingsspan deel of met die toep se ‘ chat-assistant ’ kommunikeer oor die vernaamste besigheidsaspekte .
https :// apple . co / 3uP0Y5n Google Play Store : https :// bit . ly / 33VybAx Huawei AppGallery : https :// bit . ly / 3fQFPCR
20
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021