Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 20

NUUS

SOJABOONBEDRYF

KAN BAAT BY GROTER MENSLIKE VERBRUIK

Die aanbeveling van die Verenigde Nasies dat minder diereprodukte deel van mense se dieet moet vorm , bied ʼn gulde geleentheid aan sojaboonprodusente om hul produkte by verbruikers te bevorder .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Die sojaboon word in sommige geledere na verwys as die proteïenbron van hoop vir die toekoms , vanweë die hoë proteïeninhoud en die groot verskeidenheid van gebruike van sojabone .

Volgens prof Hettie Schönfeldt van die Universiteit van Pretoria ( UP ) se fakulteit na- tuur- en landbouwetenskappe , moet daar belê word in navorsing en ontwikkeling sodat mo- derne tegnologie ingespan kan word om dit wat aan die verbruiker gebied word , te verbeter . Verbruikers moet op hul beurt ook bewus gemaak word van die voordele verbonde aan sojaboonprodukte .
Die ideale inname van droëbone of sojabone word volgens Schönfeldt geraam op ʼn porsie per dag , wat sowat 10 kg per capita per jaar verteenwoordig . Omdat Suid-Afrikaners tans minder as 2 kg sojabone per jaar verbruik , hou die plaaslike bedryf baie goeie groeipotensiaal in .
Schönfeldt verduidelik dat skoolvoedings- programme dwarsoor die land sowat 9 miljoen kinders vyf dae ʼn week voed , en dat sojaprodukte reeds in die vorm van maalvleis saam met pap en groente in hierdie programme bedien word .
NAVORSING FOKUS OP VERBRUIKERS- ONKUNDE
Verbruikers se onkunde oor die gebruik van soja en sojaprodukte kan volgens Schönfeldt opgesom word deur navorsing wat onder verbruikers in die hoërinkomstegroepe , tussen die ouderdom van 25 en 65 , gedoen is .
Slegs 27 % van verbruikers het geweet dat ʼn wye verskeidenheid produkte – wat onder meer kerse , vissmeer , sjokoladesmeer , skyfies , ontbytkosse , melkpoeier , soppoeier , wors en maalvleis ingesluit het , soja bevat het .
Op ʼn vraag oor hoe dikwels hulle soja eet , het 17 % aangedui dat hulle dit nooit eet nie , 54 % het aangedui dat hulle dit soms eet en 10 % het gesê dat hulle dit daagliks inneem . Meer as die helfte van die verbruikers het gesê hulle sal soja eet as daar maklike en smaaklike resepte daarvoor beskikbaar was en 11 % meen hulle sal nooit oortuig word om soja te eet nie .
VERSKERP PLAASLIKE VERWERKINGS- PROSESSE
Professor L . J . Grobler van die Noordwes- Universiteit se fakulteit ingenieurswese en ʼn kenner van die verwerkingsproses van sojabone , meen die persepsie rondom sojaprodukte moet verbeter word .
Volgens hom het sojaprodukte jare terug ʼn knou gekry toe die eerste pogings wat soos maalvleis gelyk het , aaklig gesmaak het . Hy noem dat baie sojaprodukte in die buiteland feitlik gereed is vir menslike gebruik deur dit bloot in water te week of geringe voorbereiding nodig het . Grobler meen voorts dat die ware potensiaal van die sojaboonmark in die ver- werkingsproses opgesluit lê .
Tans word hierdie plantgebaseerde vleisvervangende produkte ingevoer en ten duurste verkoop . As die koste van die grondstowwe en die verwerking in ag geneem word , behoort hierdie produkte volgens Grobler net 60 % van die prys van normale vleis te kos , en nie andersom nie .
18
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021