Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 16

NUUS

LNR MEESTER

SUIWELBOERTOEKENNINGS VIRTUEEL AANGEKONDIG

Die jaarlikse Landbou Navorsingsraad ( LNR ) se Nasionale Meester Suiwelboertoekenningsgeleentheid is op Donderdag 18 November 2021 as ' n virtuele geleentheid aangebied deur Agri-Expo , namens die Nasionale Melkaantekening- en Verbeteringskema van die LNR .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Hierdie gesogte kompetisie vier Suid-Afrika se beste kommersiële en kleinskaal presteerders in die bedryf en word deur verskeie sleutelrolspelers as ' n hoogtepunt op die land se landboukalender beskou .

Die toekenningseremonie is geopen deur dr Hilton Vergotine , waarnemende president en uitvoerende hoof van die LNR . Hy het die deelnemers gelukgewens met hul uitste- kende prestasie , veral gegewe die ongekende pandemie-omgewing . Dr Vergotine het enkele prestasies uitgelig , naamlik ' n gemiddeld van 71 boere wat 10 574 koeie per maand getoets het en in totaal 426 tegniese verslae per maand ontvang het .
" Drie melkboere het van kleinskaal na semi-kommersieel opgradeer en een van semi-kommersieel na kommersieel ," het dr Vergotine gesê . Die LNR het ook ' n aanlyn / mobiele funksionaliteit ontwikkel om plaasbe- stuursverslae te verwerk en te lewer . “ Hierdie platform het dit moontlik gemaak dat sleutelinligting geredelik beskikbaar was vir boere , op
hul selfone , deur laktasie-inligting , indeks van koeiproduksie-eienskappe en koei-reproduksie-inligting te verskaf ," volgens dr Vergotine . Die virtuele toekennings het ' n paneelbespreking met Joyene Isaacs , voorsitter van die LNR , ingesluit . Volgens Isaacs is die LNR van kritieke belang vir kommoditeite om vorentoe te beweeg . “ My visie vir die LNR is om die voorkeurorganisasie vir landbounavorsing in Suid-Afrika en selfs op die vasteland te wees ,” het Isaacs gesê . Sy het ook alle organisasies op die gebied van landbou-ontwikkeling aangemoedig om deel te word van die LNR se agenda om navorsing te doen asook inligting te versprei tot voordeel van almal .
Belangstellendes kan steeds die virtuele toekennings kyk by https :// www . agriexpo . co . za / arc-masterdairyman-awards /. Wenners word in verskeie kategorieë bekroon om erkenning te gee aan die land se beste presteerders in die teel van geneties uitstaande diere , met behulp van prestasie-opname en prestasietoetsing as instrumente .
DIE WENNERS VAN DIE 2021 LNR SE MEESTER SUIWELBOER TOEKENNINGS IS :
• LNR Nasionale Meester Suiwelboer van die Jaar 2021 : JK Basson Familie Trust ( JK Basson ), Darling , Wes-Kaap
• LNR Nasionale Kleinskaal Meester Suiwelboer van die Jaar 2021 : Zim Dairy ( Nompe Zim ), tussen Harrismith en Kestell , Vrystaat
• LNR Spesiale toekenning vir innoverende ontwikkeling deur ' n Suiwelprodusent 2021 : Zim Dairy ( Nompe Zim ), tussen Harrismith en Kestell , Vrystaat
• LNR Nasional Kudde met die beste somatiese seltelling 2021 : JJ Nel Familie Trust ( Hannes Nel ), Ladismith , Wes-Kaap met 108 330 selle / ml
• LNR Nasionale kudde met die beste tussenkalfperiode 2021 : Middledrift Dairy ( Sipho Nondlebe ), Middledrift , Oos-Kaap met ‘ n tussenkalfperiode van slegs 367 dae .
Die LNR se Nasionale Melkopname- en Verbeteringskema speel ' n kritieke rol in die suiwelbedryf deur die verskaffing van genetiese verbeteringsdienste , wat geakkrediteer is deur die Internasionale Komitee vir Diereopname . Die doel van die skema is om die volhoubaarheid en winsgewendheid van produksie te verbeter , wat uiteindelik bydra tot voedselsekerheid , werkskepping en die ontwikkeling van menslike kapitaal . Vir meer inligting , kontak Hendrik de Waal by DWaalH @ arc . agric . za of 082 775 7703 .
14
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021