Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 15

NUUS

GERHARD BRUWER

IS AGRI SA SE

JONGBOER

VAN DIE JAAR

Gerhard Bruwer , ʼn produsent van Douglas in die Noord-Kaap , is as die 17de wenner van die gesogte Agri SA se Jongboer van die Jaar-kompetisie aangewys . Bruwer boer met koring , mielies , aartappels en lusern .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis
GEMEENSKAP SPEEL DEURSLAGGE- WENDE ROL
Volgens Bruwer speel die ondersteuning van sy gemeenskap ʼn groot rol in sy boerdery .
“ Ons almal werk saam , kom ons vergeet van die politici en bou ʼn uitstekende land ,” het Bruwer in sy toespraak gesê en bygevoeg dat hy hier ( by die toekenningsgeleentheid ) staan danksy die mense rondom hom wat hom ondersteun .
AGRI SA EN TOYOTA NEW HARVEST PRODUSENT VAN DIE JAAR
Beverly Joseph van George in die Wes- Kaap het vanjaar met dié titel weggestap .
Joseph boer onder meer met hops en het ʼn groot rol gespeel in die ontwikkeling van nuwe hops-kultivars met die samewerking van die voormalige Suid-Afrikaanse Brouery , nou AB InBev .
Joseph het haar toekenning aan alle vroue in die landbou opgedra . “ Ons moet hare op ons tande hê om te floreer in ʼn bedryf waarin mans oorheers ,” sê Joseph . Sy het ander vroue aangemoedig om die meeste van geleenthede te maak en hulself voor te berei vir die oomblik wanneer ʼn geleentheid aan die deur klop .
JONGBOERE LEWER ‘ N BYDRAE TOT DIE TOEKOMS VAN SA LANDBOU
Die voorsitter van die beoordelingspaneel , prof . Carlu van der Westhuizen , het op sy beurt gesê dat al die finaliste ʼn bydrae lewer tot die toekoms van landbou in Suid- Afrika . Hy het voorts gesê dat deur hul deelname aan die kompetisie , dié finaliste die weg baan vir ontelbare boere in die toekoms .
In terme van hul bydrae tot ekonomiese ontwikkeling en groei , het Van der
Westhuizen verduidelik dat die 14 finaliste werk verskaf aan om en by 2 350 mense . Dit is ʼn gemiddeld van 167 mense per kandidaat .
Volgens Jaco Minnaar , voorsitter van Agri SA , troon die finaliste nie net uit as suksesvolle produsente nie , maar ook as dinamiese sakelui wat innoverende tegnologie omarm en dus hul toekoms met realisme en vertroue kan benader .
Vir Minnaar lê die waarde van die kompetisie daarin dat dit jaarliks jong sakelui wat die dinamiese aard van die landboubedryf verstaan , identifiseer . “ Hierdie is die jong mense en nuwe toetreders tot die landbou met die intelligensie en dinamiese aard wat ons bedryf nodig het . Ek glo dat elkeen van hulle die geleentheid het om nie net suksesvolle produsente te wees nie , maar om waarde vir homself en hul gemeenskappe te skep .”
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021 13