Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 12

NUUS

NASIONALE WATERWET

WATERGEBRUIKSREGTE KAN OORGEDRA WORD

ADVOKAAT GERRIE NEL OP NEUTDIEWE SE SPOOR

Tydens die Suid-Afrikaanse makadamiakwekersvereniging ( Samac ) se onlangse makadamiadag op Skukuza , het dié organisasie aangekondig dat hulle die hulp van adv . Gerrie Nel van AfriForum se private vervolgingseenheid ingeroep het om hul met neutdiefstal te help .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis
Ingevolge die bepalings van die Nasionale Waterwet ( Wet 36 van 1998 ) het waterreghouers nou die reg om watergebruiksregte oor te dra . Gevolglik is dit ook nie verbode of onwettig om handel te dryf in sodanige regte nie .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis

Dit is aldus die appèlhofuitspraak soos gelewer deur regter Clive Plasket , namens ʼn meerderheid van die appèlhof-regters , met ʼn minderheidsuitspraak deur regter Tati Makgoka .

Die aanloop van dié appèlsaak het in Januarie 2018 ʼn aanvang geneem toe die Departement van Water en Sanitasie dit in ʼn omsendbrief gestel het dat watergebruiksregte nie oorgedra mag word nie . Dit het daartoe aanleiding gegee dat die hooggeregshof in Pretoria drie aansoeke om ʼn verklarende bevel oor die korrektheid van die omsendbrief van die Lötter- en Wiid-boerderye , asook die Suid-Afrikaanse watergebruikersvereniging ontvang het . Dié saak is egter van die hand gewys .
Gedurende hierdie tyd het Agri SA die regskoste in die Lötter- en Widd-sake met fondse uit sy Vrywillige Waterfonds gedek . Volgens Ari SA se Janse Rabie , hoof van die afdeling vir natuurlike hulpbronne , is die onlangse uitspraak uiters belangrik , veral vanuit ʼn regsoogpunt .
“ Hierdie uitspraak deur die appèlhof dien as regverdiging vir die posisie wat Agri SA en ander ingeneem het oor die korrekte vertolking van die Suid-Afrikaanse wet ,” meen Rabie .
Hy verduidelik voorts dat die vermoë om waterregte wettig ingevolge die bepalings van artikel 25 van die Nasionale Waterwet oor te dra , veral vir die besproeiingsektor noodsaaklik is .

Volgens Samac volg dié stap na die oënskynlike laksheid om mense wat makadamiakwekers se neute in tonnemaat steel , in hegtenis te neem en te vervolg . In die lig hiervan sê Lizel Pretorius , uitvoerende hoof van Samac , dat daar die afgelope jaar geen makadamiadiewe verhoor is nie , ten spyte van die harde werk wat sy en haar span by Samac se misdaadvoorkomingsafdeling gedoen het .

Op sy beurt meen Nel dit is ʼn skande dat daar sedert 2020 geen inhegtenisnemings gemaak is nie , dit ondanks die data en inligting wat Samac aan die Valke beskikbaar gemaak het . Wat dié realiteit nog meer betreurenswaardig maak is dat Sama selfs toerusting en infrastruktuur vir die ondersoekeenheid gefinansier het in die hoop dat dit tot vervolging sou lei .
Nel erken dat dit ingewikkelde sake is en dat vervolging nie altyd maklik is nie , maar verduidelik dat hul omstandigheidsgetuienis moet gebruik om skuldigbevin- dings te kry , iets wat nie baie algemeen in Suid-Afrikaanse howe gebruik word nie . Hy is vol vertroue dat skuldigbevindings egter nie onmoontlik is nie .
10
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021