Senwes Scenario December 2021 - February 2022 | Page 27

NUUS

DAGGA AS VOEDSELBRON ?

Alle dagga moet as voedsel geklassifiseer word , behalwe wanneer dit as deel van medisyne aangebied word of individuele of gekombineerde komponente daarvan in ʼn produk geformuleer is .
Annette Willemse Kommunikasiespesialis vol dat dagga nie oor enige voedingswaarde beskik nie .

Dit is die versoek van die handelsorganisasie Cannibis Trade Association Africa ( CTAA ) in reaksie op die wetsontwerp vir die private gebruik van dagga van 2020 . Hierdie wetsontwerp is deur die Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste voor die parlement gebring vir verwerking .

Volgens Ricky Stone van CTAA is die gebruik van dagga as ʼn bron van voedsel nie ʼn onlangse verskynsel nie , en dateer die gebruik van dagga as kos so ver terug as 10 000 jaar . Hy voer aan dat dagga proteïen , vesel , noodsaaklike olies , verskeie vitamiene en noodsaaklike vetsure bevat . Die CTAA stel verder voor dat dagga soos vrugte gegradeer moet word , met die volgende voorgestelde graderings :
• Graad AA vir mediese dagga met die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte ( Sahpra ) as die lisensie-owerheid .
• Graad A vir dagga wat binnenshuis geweek word .
• Graad B vir dagga in kweekhuise en
• Graad C vir dagga wat buite verbou word .
Die voorstel is verder dat vir graad A , B en C ʼn lisensie van die Departement van Landbou , Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling bekom moet word .
Desondanks hierdie pleidooi en voorstelle , hou die ministerie van gesondheid en Sahpra
MEER OOR DIE WETSONTWERP
Die wetsontwerp vir die private gebruik van dagga is genoodsaak nadat die Grondwethof die parlement in 2018 gelas het om die grondwetlike defek in die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Middels ( Wet 101 van 1965 ) en die Wet op Dwelms en Dwelmhandel ( Wet 140 van 1992 ) te wysig .
Hierdie wysigings het ingesluit dat volwassenes dagga in die privaatheid van hul huis mag kweek , besit en gebruik .
Intussen is die Departement van Landbou , Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling besig met die opstel van ʼn regulatoriese stelsel om permitte vir spesifiek hennep uit te reik . Hierdie stelsel sal na verwagting in Oktober gereed wees , en dan sal die permitte hiervoor , wat reeds deur Sahpra aan produsente uitgereik is , aan die departement oorgedra word sodat hulle nie benadeel word nie .
Omdat hennep ʼn soort dagga is , is daar verskeie beperkinge op die produksie en vewerking daarvan . In die lig hiervan sal persone of besighede vir twee soorte permitte kan aansoek doen , naamlik een vir die primêre produksie van hennep en ʼn ander vir vervaardiging . Die grootskaalse kommersiële produksie van hennep word gevolglik ook ingevolge dié twee wette verbied en organisasies soos CTAA hoop dat wanneer die wetsontwerp vir die private gebruik van dagga ʼn wet word , dit van hierdie beperkinge sal ontslae raak .
* Die artikel het oorspronklik in Landbou . com verskyn .
SENWES SCENARIO | SOMER SUMMER 2021 25