Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 66

FINANSIEEL | FINANCIAL NEWS | NUUS

ALGEMENE JAARVERGADERINGS VIND BINNEKORT PLAAS

Senwes en Senwesbel hou hul onderskeie algemene jaarvergaderings op Woensdag , 22 Augustus , by Senwes hoofkantoor vanaf 09:00 .
Deur Elmarie Joynt Senwes Groep Maatskappysekretaris en Hoof Regsadviseur

Kennisgewings sal uitgestuur word aan aandeelhouers op of ongeveer 25 Julie 2018 en lede word aangemoedig om die vergaderings by te woon en met die direksie en bestuur van die maatskappy te gesels . Dit is ʼn uitstekende geleentheid om strategiese sake van die dag te bespreek en ingelig te word oor die langtermynvooruitsigte van die Senwes groep .

Die jaarlikse finansiële state vir 2018 word ook voorgelê en menere Steve Booysen , James Botha en Simon Mohapi moet by wyse van uittrede , roteer . Al drie is egter beskikbaar vir herverkiesing . Simon is ʼn veteraan in die finansiële dienstesektor en was betrokke by die NWU in Potchefstroom as ʼn direksiekomiteelid en dien al sedert 2016 op die Senwes direksie .
Aandeelhouers word ook versoek om die dividend van 27 sent te bekragtig , wat op 31 Augustus betaalbaar sal wees .
Daar word ook voorgestel dat Ernst & Young heraangestel word as ouditeure . Mnr Derek Engelbrecht sal as die senior ouditvennoot vir die 2019 oudit optree , in die plek van Mike Herbst , wat by wyse van rotasie uittree . Lede sal ook versoek word om die lede van die Ouditkomitee te verkies en besluite rondom die volgende te neem :
� Vergoeding van die nie-uitvoerende direkteure ;
� Algemene magtiging vir die terugkoop van aandele ; en
� Die wysiging van die akte van oprigting .
Die wysiging word vereis , gebaseer op ' n uitspraak deur die Hoër Hof , Richard Du Plessis Barry v Clearwater Estates NPC & ander [ 2017 ] ZASCA , in 2017 , wat duidelikheid verskaf het oor die “ 48-uur reël ” vir die indiening van volmagvorms . Volmagvorms kan te eniger tyd vóór die vergadering ingedien word en nie slegs , soos voorheen vereis , 48 uur voor die vergadering nie . Aandeelhouers word versoek om , weens praktiese redes , volmagte so spoedig moontlik in te dien deur aanlyn te stem of volmagte na Senwes te e-pos .
Die kennisgewing en volledige finansiële resultate is beskikbaar by www . senwes . co . za .

Senwes trotse hoofborg van Boertjiefees

Nagenoeg 8000 mense het die Butlfontein Boertjiefees verlede jaar bygewoon , wat die terugkeer van die fees aangekondig het nadat dit as gevolg van die droogte nie in 2016 plaasgevind het nie . Senwes is weereens trots om die hoofborg van dié opwindende en gewilde fees te wees . Die skou beloof om die room van die Suid-Afrikaanse musiektalent na die fees te bring , wonderlike stalletjies en uitstallings , goeie kos en hope pret vir die hele familie , insluitend ‘ n uitstekende damesprogram . Vir volledige besonderhede van die program , besoek asseblief die Senwes Facebook-blad . Die Boertjiefees sal vanaf 30 Augustus tot 1 September 2018 by die Bultfontein Skougronde plaasvind .
64
SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018