Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 64

MARKTE | MARKETS

Beplanning vir die nuwe seisoen se bemarking

Met die lente wat aanbreek is produsente op die oomblik besig om beplanning te doen met betrekking tot die gewasse wat in die nuwe seisoen aangeplant gaan word . Hierdie besluit berus tot ’ n groot mate op die winsgewendheid van die verskillende gewasse .
Deur Hansie Swanepoel Senwes Markanalis

Met die neem van ’ n plantbesluit is dit ook belangrik om te onthou dat die heersende pryse gedurende planttyd nie noodwendig die prys is wat gaan heers in strooptyd nie . Dit is dus belangrik dat ’ n produsent , wannneer hy die besluit neem om ’ n gewas te plant , ook aksie moet neem om sy verwagte prys vir daardie produk te beskerm .

INSETKOSTE AS SNELLER VIR VERSKANSING Die belangrikste beginsel van verskansing is dat ’ n produk eers vooruit verkoop kan word indien dit winsgewend is om so te doen . Indien verskansing reeds ’ n verlies verseker , is dit nutteloos om te verskans . Die winsgewendheid van ‘ n verskansingsbesluit moet begin by die bepaling van ’ n direkte koste per ton wat dit die produsent kos om ’ n sekere gewas te produseer . Omdat daar aan die begin van die seisoen produksie-onsekerheid is , moet enige verskansingskoste ook in ag geneem word .
Hieronder is ’ n voorbeeld van so ’ n som ten opsigte van mielieproduksie :
Insetkoste
7,500
R / ha ( Direkte
insetkoste )
LGO 4.5 ton / ha Gelykbreek 1,667 R / ton
Basis ( Differensiaal )
250 R / ton
Put-opsie 250 R / ton
Safex
2,167
R / ton Jul 2019
benodig
Safex Jul 2019
R2,300
( R133 / t oor
na direk )
In die bostaande voorbeeld sal ‘ n verskansingsbesluit een wees wat , met opsiekoste reeds in ag geneem , ten minste die direkte insetkoste dek . Indien die mark in die bostaande voorbeeld onder R2,167 per ton is , is dit nie winsgewend om mielies te produseer nie . Die besluit moet dan geneem word om nie mielies te plant nie , of om eers met verskansing te wag tot pryse gestyg het .
In die verlede het die Safex-mark in alle jare die geleentheid gegee vir verskansing om gedoen te word , sodat ten minste direkte insetkoste gedek kan word ( Grafiek 1 )
Die mark verseker dus dat pryse goed genoeg in planttyd is vir produsente om te kan aanplant . Weereens moet daar onthou word dat pryse nie noodwendig so gaan lyk in oestyd nie .
VERSKANSINGSTRATEGIEË Omdat daar aan die begin van ‘ n produksieseisoen nog nie produksiesekerheid is nie , word daar slegs verskansingstrategieë voorgestel wat op minimumpryse geba-
62
SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018