Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 54

FINANSIES | FINANCES Aandeleterugkoopskemas teenoor koop- en verkoopooreenkomste Die mees algemene metode om ’n aandeelhouer se belang in ’n besigheid te koop, is in die vorm van ’n koop-en-verkoopooreenkoms, wat aangegaan word tussen die aandeelhouers van ’n sake-entiteit in hul persoonlike hoedanighede. Die individuele aandeelhouers verseker mekaar se lewens, waardeur die oorlewende aandeelhouers befonds word om die oorledene of gestremde aandeelhouers se aandele te koop.  Deur Lucas Coetzee Liberty Regspesialis S edert die wysiging van die Maatskappywet, nr. 71 van 2008 (‘die Wet’), is dit nou moontlik vir ’n maatskappy of ’n beslote korporasie (BK) om sy eie aandele terug te koop in die vorm van ’n aandeleterugkoopskema, onderhewig aan artikel 46 van die Wet. Dit bied aandeelhouers ʼn alternatiewe opsie om hul aandele te verkoop by dood of ongeskiktheid. Om dié rede is dit moontlik vir ’n maatskappy of ʼn BK om ʼn polis op die lewe van ’n aandeelhouer uit te neem en vir die maatskappy om die opbrengs aan te wend vir die terugkoop van sodanige aandeelhouers se aandele. Dit is egter belangrik om daarop te let dat ’n maatskappy wat sy eie aandele terugkoop, nie die aandele op sigself kan hou nie. In dié geval moet die aandele eers gekanselleer word en effektief herstel word tot die status van gemagtigde onuitgereikte