Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 50

MENSLIKE HULPBRONNE | HUMAN RESOURCES

Moderne boerderye belê in trekkeropleiding

Teen 2030 sal selfaangedrewe trekkers en stropers ’ n algemene gesig op plase wees . Plaaspersoneel gaan egter nog vir minstens die volgende dekade trekkers bestuur , wat beteken dat die menslike faktor steeds ’ n impak op koste-effektiwiteit gaan hê .
� Deur Emmie Pietersen Direkteur : Peritum Groep

Die tyd- en arbeidsintensiewe take wat tans deur trekkeroperateurs op plase verrig word , sal in die toekoms deur ma - sjinerie en robotte verrig word , teen laer koste en met groter akkuraatheid .

Goldman Sachs berig dat dit so min as R35 000 kan kos om motors wat tans in gebruik is , op te gradeer om dit bestuurderloos te hanteer . Landboutoerusting kan teen vergelykbare relatiewe lae koste ook outonoom gemaak word . Goeie nuus is dat dit nie net vir groot en gesofistikeerde toerusting geld nie , maar toenemend meer vir veral kleiner toerusting en agri-robotte , juis omdat hierdie toerusting minder grondkompakteringskade aanrig .
Navorsing dui daarop dat hierdie kleiner vloot van geoutomatiseerde trekkers tot 10 % groei in opbrengsverwante inkomste teweeg kan bring en uit die aard van die saak arbeidskoste drasties kan verlaag . Moderne , gerekenariseerde toerusting sal teen 2050 soveel as ’ n 70 % toename in agri-opbrengste tot gevolg hê .
Die toekoms is opwindend , maar vir die volgende 12-15 jaar sal masjinerie en veral trekkers in Suid-Afrika nog steeds deur ons plaaspersoneel bestuur moet word en sal die menslike faktor steeds ’ n impak op die koste-effek tiewe aanwending en instandhouding van relatiewe duur tegnologie asook die veilig heid van mense hê .
DIE NUGTERE FEITE Trekkers is steeds die hoofoorsaak van ongeluksverwante sterftes op plase . In Suid-Afrika is slegs 20 % van die nasionale padnetwerk van 750 000 km geteer en 80 % van roetes word deurlopend deur trekkers gebruik , wat beteken dat ander padgebruikers ook aan potensiële gevare blootgestel is .
Die mees algemene trekkerverwante ongelukke wat aangemeld word , sluit in :
• Handhaaf nie veilige spoed nie . Soveel as 20 % van insidente vind plaas tydens die rit van die stoor na die land of veld .
• Verontagsaming van padreëls .
• Misrekening met hellings , veranderde grondoppervlak en vragladings .
• Bestuurders wat in stadigbewegende , swak sigbare trekkers vasry met sonsondergang / opkoms .
• Verstrengeling in PTO ’ s .
• Afval van trekker of sleepwa .
Redes om werkers in die gebruik van trekkers en toerusting op te lei
• Opgeleide werknemers neem groter verantwoordelikheid vir hul taak en vir die versorging van toerusting .
• Alle werkgewers in Suid-Afrika is wetlik verantwoordelik vir die veiligheid van hul personeel .
• Semi-geletterde werknemers wat gesertifiseerde opleiding deurloop , is meer gemotiveerd en trots op hul werk .
• Tegnologie word deurlopend meer gesofistikeerd en die optimale en effektiewe aanwending daarvan vereis basiese opleiding van die operateur .
• Die dienste van opgeleide personeel is meer in aanvraag - ’ n belangrike bydrae wat boere kan maak om werkloosheid in Suid-Afrika te bekamp binne die landbouomgewing .
PERITUM AGRI-INSTITUUT *
Die Peritum Agri-Instituut is reeds die afgelope ses jaar die voorkeur trekkeroperateur-opleidingsverskaffer van John Deere in Afrika . Meer as 2 900 operateurs is in Uganda , Kongo , Nigerië , Zambië , Suid-Afrika , Swaziland , Kenia , Tanzanië , Ghana en Zimbabwe opgelei en sluit plaaswerkers , boere en kontrakteurs in .
WAT BEHELS TREKKEROPERATEUR- OPLEIDING ?
� Wetlike bepalings vir die bestuur van trekkers op openbare paaie
� Algemene trekkerinstandhouding
� Veilige hantering van trekkers
� Effektiewe trekkerhantering teen hellings
� Daaglikse trekkerinstandhouding en monitering
� Veiligheid tydens brandstofinname
� Veilige aanhaak van implemente
Die opleiding word in een dag gedoen . Indien u ook planter- en spreieropleiding wil byvoeg , word die program oor twee dae aangebied .
Vir meer inligting besoek Peritum Agri Institute by www . peritumagri . com .
* Die Peritum Agri Instituut : Trekker operateur opleidingsprogram is geakkrediteer by die AGRI SETA en ’ n bevoegdheidsertifikaat word uitgereik teen eenheidstandaard nr . 116820 met 10 krediete . Hierdie sertifikaat word deur die meeste agentskappe as voldoende beskou vir jong boere wat in Amerika as kontrakteurs op plase wil gaan werk . Dit word ook deur die meeste agentskappe aanvaar as voldoende bewys vir spesiale uitvoerregulasies wat trekkeroperateursopleiding vereis
48
SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018