Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 4

Uit die Woord
Lente
ALGEMEEN | GENERAL
COLUMN | RUBRIEK

Uit die Woord

Die samestelling van ’ n produsent

Die boerderygemeenskap is baie dieselfde , maak nie saak waar in die wêreld produsente hulle bevind nie . Ek het ’ n baie interessante artikel van ’ n Amerikaanse senator , John Thune gelees : “ So God made a Farmer ”.

Dit beskryf die werksaamhede en die unieke en geharde leefstyl tot in die fynste besonderhede .
Eerstens , ’ n plaas het nie ’ n wekker nie , daarvoor is Moeder Natuur daar . En indien jy laaste die ‘ kantoor ’ verlaat , hoef jy ook nie die ligte af te skakel nie . Wat ’ n mooi beskrywing van plaaswerk .
As die ganse boerdery bid , dan bid hulle nie slegs vir ’ n goeie dag nie . Wanneer hulle opstaan met die klank van reëndruppels op die dak , weet hulle dat God geluister het .
Die skrywe gaan oor die rubriekskrywer se gevoel dat produsente goed behandel moet word , soos ons ook in Suid-Afrika moet doen . Maar boerdery is ’ n leefstyl , dit is jou lewensbloed . Dit was deel van die produsent se voorlegging-op-voorlegging rakende ’ n pro-landbou wetsontwerp wat na talle skrywes en voorstelle nog steeds nie klaar is met sy insette nie .
Dit het hom herinner aan wat Paul Harvey in 1978 tydens die Toekomsgerigte Produsente van Amerika-kongres gesê het . Dat God op die agtste dag die produsent gemaak het , iemand wat na die land omsien . Iemand wat deurnag na ’ n pasgebore hings kyk , en dan toekyk hoe dit sterf , trane afvee en net vorentoe kyk met die hoop , “ Miskien volgende jaar ”.
’ n Produsent is ook iemand wat ’ n harnas uit ’ n stuk draad , voersakke en afvalstukke kan maak . Iemand wat gedurende plant- of oesseisoen hulle 40-ure werksweek reeds teen Dinsdag voltooi en dan net voortgaan en ’ n verdere 72 ure werskaf . Dit is ’ n produsent !
Lente
Ds . Willie Botha Lees : Lukas 9:57-62
DIE STILLE BEPLANNING en voorbereiding van die winter gaan lente oor in aksie . Dis planttyd , groeityd , lamtyd . Die dae is warmer en donderwolke maak hulle eerste verskyning . Alles ontwaak . Swart , verbrande velde begin die tint van groen kry , en kort voor lank het die natuur haarself in so ’ n mate geregenereer dat die grasvelde byna neongroen is . Paraatheid en gereedheid is aan die orde van die dag . Koue lugstrome is bevorderlik vir hael , iets waarteen elke boer wakker moet slaap . Aan die ander kant kan onverwagse laat ryp groot skade aanrig . Vir die mielieboer is grondvoorbereiding van die uiterste belang , sodat met die eerste goeie Oktoberreëns geplant kan word . Goeie beplanning is noodsaaklik . Die veeboer het ewe groot aanpassings . Ongelukkig reën dit nie voedingryke gras nie en daar moet gewaak word dat maermaakmaande nie doodmaakmaande word nie . Die klein lammertjies en ooie verdien besondere aandag . Daar moet geskeer word . Doseerprogramme word aangepas , bosluise kruip uit . Goeie weidingbestuur is noodsaaklik . Vir die winterreënvalstreke is dit die begin van die droër maande . Gegewe die epiese droogtes van die afgelope paar jaar , is hierdie uitdaging , saam met langtermyn klimaatsverandering , stof tot diepe nadenke .
In Lukas 9:57-62 reageer Jesus op drie stellings wat mense gemaak het terwyl hulle op pad na die volgende dorp was . Die derde persoon verklaar homself gewillig om Jesus te volg . Baie soos die tweede , wil hy eers gaan groet . Jesus se antwoord suggereer dat ’ n mens wat met die Koninkryk van God besig is , nie kan omkyk nie . Hulle wat die Koninkryk van God wil verkondig , moet uitgehonger wees om dit te doen . In die Bybelse tyd is nog met os of donkie geploeg . As die grond reg is , moet jy spring . Die warm woestyngrond gee jou net soveel tyd , en moet jy elke oomblik benut . Dit is ’ n toekomsgerigtheid . Geen tyd vir uitstel nie .
Ouer mense vertel dat dit nie maklik was om agter die stert van ’ n ploeg te loop nie . ’ n Uiters vermoeiende , geduldige werk . Veral as die grond effens klipperig was . Dit het elke oomblik van jou aandag en energie geverg . ’ n Land wat skeef ge ploeg is lyk onnet , veral as die graan begin opkom . Dit is ook onprakties . Wie omkyk na sy spore , ploeg skeef in die hede en beïnvloed waar hy volgende moet ploeg . Dit is ook waar vir ons in die landboubedryf . Die lente is nuwe geleent hede om nuwe ploegspore te trek . Jy kan die verlede gebruik , maar jy kan nie omkyk en in die verlede vashaak nie . Net soos die lente vir die boer , is die volgelingskap van Jesus ’ n geleentheid van groot dringendheid . Uitstel is nie ’ n moontlikheid nie .
02
SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018