Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 34

AREAFOKUS | AREA FOCUS Lichtenburg Saailand, Mieliewêreld en Senweswêreld Lichtenburg of Liggies is volgens bekende inwoner Della Retief ’n “Oase in die Noordweste… ’n lig in die mieliegeweste....” Dit som die gebied op in die eerste paragraaf van die gedig in die boek Lichtenburg is hul Saailand.  Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario redakteur Andrag en NWK eers die agentskap gehad het. L BESTUURDER EN PERSONEEL Die bestuurder, André Gouws, kén die bedryf en is sedert 1980 ’n bemarker. In die laat 1990’s was hy reeds ‘n paar jaar by Senwes in Vereeniging werksaam en sedert 2011 het hy by Senwes Equipment in Lichtenburg aangesluit, waar hy in 2016 tot takbestuurder bevor­der is. Hier speel al 31 werknemers ’n integrale rol - van die takbestuurder tot sy afdelings­hoofde Estie Eksteen (administra­tiewe hoof), Warren Waldron (onderdelebestuurder), Bennie Nel (werkswinkelbe­stuurder) asook Jannie Vergottini (bemarker) en Monique Waldron (administrasie en veiligheid), asook al die klerke, tegnici, vakleerlinge, drywers en algemene werkers. LICHTENBURG LANDBOUFEITE Uit ’n landbouperspektief word die Lichten­ burgse Landbougenootskap in 1917 gestig en teen 1920 word ’n eg deur die meeste produsente gebruik met planters wat in 1923 hier aankom. Dit is gevolg deur die Vroue Landbou-unietak in 1926 en twee jaar later die Lichtenburg Boerevereniging. Voor die Tweede Wêreldoorlog het pro- dusente baie grond vir weiding aan osse geoormerk en eers na die oorlog het hulle meer mielies begin plant. Daardie tyd was John Deere, McCormick, Massey Ferguson en Case reeds gewilde trekkers wat op kragparaffien geloop het. ERVARE PERSONEEL EN DIENS Drie personeellede, Estie Eksteen (admini­ stratiewe hoof), Sarie Grobler (ontvangs- dame) en Abel Rampau (algemene wer­ker) spog met 14 jaar diens, terwyl drie ander, ’N BURG MET KLOMP FONTEINE Baie plaasname bevat die woord fon- tein. Die eerste ses plase hier se name bevat die woord fontein - Grootfontein, Elandsfontein, Rietfontein, Vlakfontein, DIE ONTSTAAN VAN LICHTENBURG ichtenburg is 145 jaar gelede op 25 Julie 1873 gepro­klameer en Hendrik Adriaan Greeff, die stigter, het dit vernoem na die plekkie naby Durbanville waar hy gebore is. Tydens die proklamasie is genoem dat dit soos ‘n lig in die Westelike Transvaal en die toekoms sal wees! En vandag is dit steeds so. DIE SENWES EQUIPMENT TAK Lichtenburg is natuurlik mieliewêreld en takbestuurder André Gouws vertel dat katoen ook in die geweste sy kop uit- steek. Die tak se deure het amptelik in 2004 geopen en staan steeds sterk na 14 jaar in die gebied. Die tak is sentraal geleë by Thabo Mbekistraat 131, wat eers Buitenstraat geheet het. Gouws vertel dat Senwes die John Deere-agentskap des- tyds bekom het nadat die Ferreira Broers, 32 SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018 Paulina Setiro (algemene werker), Warren Waldron (onderdelebestuurder) en David Oliphant (algemene werker) met ‘n dekade diens spog.