Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 18

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL

Mielieproduksie

Bereken jou opbrengspotensiaal vir die komende seisoen vir risikobestuursdoeleindes

� Deur Cobus Burger SGS NviroCrop – Besigheidsbestuurder

Opbrengspotensiaal vir droëland mielies word beïnvloed deur verskeie faktore , waarvan die volgende drie aspekte uitgelig kan word as die belang rikste inligting wat benodig word om potensiaal vir komende seisoen meer akkuraat te kan bereken :

� Grondtipe gekombineer met grondvog voor die seisoen se aanplantings begin
� Status van bo- en ondergrond ( 40 cm diepte ) vrugbaarheid
� Gekose plantestand
Grondtipe verduidelik die variasie in grondeienskappe en dit word dan gebruik in ’ n potensiaalmodel per distrik of area . Die model is ontwikkel en gekalibreer oor ‘ n periode van 20 jaar en is baie uniek binne die SGS NviroCrop groep . Hier volg ‘ n voorbeeld van ‘ n paar grondtipes met hulle berekende mieliepotensiaal , met die aanname dat die gronde se nutriëntstatus redelik goed is :
Avalon-grondtipe in Wes-Vrystaat ( Hoopstad ) Geelbruin apedaal tot 70 cm en dan wisselende watertafel ( sagte plintiet ) tot op 180 cm . Profiel nat voor plant = 8.6 ton / ha Profiel half-droog voor plant = 5.7 ton / ha
Hutton-grondtipe in Noordwes ( Coligny ) Rooibruin apedaal tot 170 cm en dan klipkeerlaag Profiel nat voor plant = 6.6 ton / ha Profiel droog voor plant = 3.8 ton / ha ( gronddiepte is nie altyd ’ n voordeel as profiele droog is voor plant nie . In die voorbeeld sou ‘ n 120cm Huttongrondtipe ’ n beter potensiaal gehad het vir die komende seisoen ).
Grondvrugbaarheid verander vinniger onder sekere klimaatstoestande gekoppel aan verwydering van die gewas , as wat ons partymaal wil glo of verwag en mag jou produksie in moeilike jare benadeel . Die afgelope vyf jaar het ons uitermatige droë seisoene beleef en was gewasse se wortelstesels meer geneig om te voed in die ondergrond ( 40-50 cm ) as in die meer vrugbare bogrond . In die 2016 / 17 seisoen het goed verspreide reën daartoe bygedra dat die opgeboude grondvrugbaarheid in bogrond weer effektief benut kon word en het mielies oor die algemeen daarop gereageer met baie hoë opbrengste . Die risiko nou is dat gedurende ’ n midsomerdroogte , die nadeel van swak ondergrondchemie , opbrengste onnodig sal verlaag . Monsterneming in bo- sowel as ondergonde word aanbeveel . Onderstaande grafiek wyk af van die standaard nutriëntverwyderingskurwe wat almal ken , na die persentasie van ’ n element wat op ’ n sekere groeistadium opgeneem en gestoor word om optimale opbrengste te kan lewer . Die kurwe is baie meer insiggewend om vrae te kan beantwoord oor die redes waarom opbrengste goed of swak was .
Groeistadiums van mielies teenoor nutriënt opnamekurwe
V : Vegetatiewe groeistadium R : Reproduktiewe groeistadium
16
SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018