AGRICULTURAL | LANDBOUKUNDIG
Energie is altyd die belangrikste en duurste komponent van voer en is dit
waarom ’n graanplaas die mededingende voordeel vir diereproduksie het.
Tabel 1: Samestelling van voerbronne wat op 'n graanplaas geproduseer word.
VOERBRON
Vog Stysel Suiker Olie Ru-prot NDF Lignien ME
% % % % % 8 % 15 % 0.5 MJ/kg
14 31 1.1 13.4
Mieliepitte 90 74 1.7 4.5 Hominy Chop 87 41 6 7 Mieliekuilvoer 33 30 0.2 3 7 44 2.7 10.8
Groenweiding (hawer) 25 8 7.8 3.8 11 58 2.4 9.2
Mieliekopmeel (gemaal) 92 12 0 0.6 4.5 88 6.3 8.6
Staande hooi (Smutsvinger) 92 1 0 2.3 15 57 3.4 8.6
Groenweiding (Rhodesgras) 25 0 0 2.2 9 75 6 8.5
Heel mielieplant (afgesny en gemaal as stoekmielies) 92 6 0 0.6 4 85 7.5 8.1
Gras (hooi) 92 1 0 2 4 71 5.8 7.9
Mielieoesreste (op die land of gebaal) 93 0 0 0.6 4 82 8.4 7.7
duseer word, word in Tabel 1 aangetoon.
Hierdie syfers kan maklik varieer, maar
dit gee ’n aanduiding van die voedings
waarde wat verwag kan word. Gebruik ’n
dierevoedingkundige om die voere wat
nodig is, saam te stel.
Die hoeveelheid van elke voerbron in
Tabel 1 wat op ’n graanplaas geproduseer
word en vir diereproduksie beskikbaar is,
moet bepaal word. Daarna moet die vee-
produksiestelsel gekies en ’n voervloeipro-
gram beplan word. Dit sal bepaal hoeveel
diere met selfgeproduseerde voer aange-
hou kan word. Hierdie kuddegrootte kan
natuurlik uitgebrei word deur addisionele
voer vanaf bure of elders in te koop.
EIENSKAPPE VAN VOERE
Mieliereste bestaan uit die verskillende
dele van die mielieplant en word ongepro-
sesseer swak benut. Mieliereste moet dus
verkieslik met ‘n hamermeul gemaal word
om as ’n homogene ruvoer effektief benut
te kan word. Die vermenging met ander
voere sal ook verbeter in die gemaalde
vorm.
Kuilvoer is vir verskillende redes ’n
voordelige voer. Die duimreël is dat die
kuilvoeropbrengs per hektaar ongeveer
5 x die graanopbrengs is wat wel met
verskillende variëteite sal verskil. Dus, met
’n 8-ton graanopbrengs kan soveel as 40
ton kuilvoerproduksie per hektaar verwag
word. Indien graan teen R2 000 per ton
gereken word, sal die graanopbrengs
R16 000 per hektaar oplewer. Om dieself-
de opbrengs in die vorm van kuilvoer te
realiseer, moet die waarde van die kuil-
13.5
voer dus R400 per ton wees. Die werklike
voedingswaarde van tipiese kuilvoer is
sowat 30% van mielies en dus R600 per
ton. Kuilvoer kan dus relatief goedkoop
geproduseer word. Prakties is kuilvoer ook
’n uitnemende voer. Dit het nie ’n brand
risiko nie, kan vir jare gestoor en gepre-
serveer word sonder dat voedingswaarde
afneem, is reeds in gemaalde vorm en
vermeng uitstekend met ander voere, is
grootliks ’n gebalanseerde voer en kan
alleen as ’n onderhoudsvoer dien. Dit verg
egter kundigheid en ondervinding om kuil-
voer korrek te maak.
Mieliekopmeel en stoekmielies kan uit-
stekend as droogte- en selfs produksievoer
in ’n gebalanseerde rantsoen saamgestel
word. Eersgenoemde bevat sowat 50% en
laasgenoemde 25% graan.
Om die produktiwiteit van produksiestelsels
vir beeste te verbeter.
Adviesdiens vir herkouervoeding
Voerprosessering, voedingsbestuur en formulering
van voere vir volhoubare produksieprestasie
Formuleer en verskaf konsentrate om formulasies te
komplimenteer
Dr. Kobus Swart 083 262 0946 • [email protected]
SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018
15