Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 14

PRODUSENTFOKUS | PRODUCER FOCUS Geïntegreerde Jaarverslag 2018 nou beskikbaar Senwes se geïntegreerde jaarverslag, wat die verkorte finansiële state vir die jaar geëindig 30 April 2018 insluit, is nou op die Senwes web­ blad beskikbaar by http://senwes.co/Fin2018A. Die geouditeerde volledige finansiële state is in Engels beskikbaar by http://senwes.co/AFS2018. Belanghebbendes kan die webgeba­ seerde volhoubaar­ heids­verslag van die groep kry by http:// senwes.co/SR2018, terwyl aandeelhouers van Senwesbel dié maatskappy se verkorte jaarverslag en geouditeerde volledige finansiële state (slegs beskikbaar in Engels) kan aflaai by http:// senwes.co/SBFin2018A. Jacob, Sagaria en Joris, drie staat­makers wat al sedert 2007 op dié plaas werk. 10 | 'n Raakvatter wat boer buite Derby die voorsitter van die Derby Boerevereniging, wat uit sowat 40 lede bestaan. Hulle hou twee veilings per maand. Dan is hy ook lid van die Koster Studiegroep van 25 lede. Hy wil sy boerdery tot 800 hektaar laat groei, sy kudde tot 300 vergroot en dan ook weer sy boerdery met hoenders aanvul. En asof dit nie genoeg is nie, voer hy ook EZ Spray elektriese 12V herlaaibare 16-liter rugsakspuite met 5 verskillende spuitpunte na Suid-Afrika in, wat aaneenlopend spuit en akkurate toediening verseker. Dit is nie moeilik om agter te kom hoekom hy so betrokke is nie - sy moeder Pam is ook voorsitter van die Noordwes Vrouelandbou- unie. Hy beskryf Liza ook as 'n integrale deel van die boerdery omdat sy die boekhouding doen en die een is wat kophou. En indien jy weer ‘n draai in Derby maak en jy die Derby Vulstasie sien, weet net dat Martin se hand ook hierin was. En dan weet jy beslis meer as net dat Derby vernoem is na lord Derby. Jy sal ook weet dat jy regte Derby boerewors hier kan kry. So gee Martin beslis nuwe betekenis aan die gesegde, ‘n ware man maak sy eie geluk. Die Jansen van Rensburg-familie. Agter is Martin se vrou Liza en hul seun MJ (6). Voor is Martin met hul jongste spruit Nina (4). Hoewel hy nog altyd wou boer, het dit eers in die laaste dekade gerealiseer. En waarmee gaan klein MJ (6) en Nina (4) boer? Wie weet… met tabak-, sitrus- en saai­ boerdery in die familie se vorige generasies, kan hulle dalk net op ‘n ander gewas besluit, of dalk iets heeltemal anders. Boer so voort Martin! Een van die trekpleisters op Derby. ELEKTRIESE 12V HERLAAIBARE 16 LITER RUGSAKSPUIT  5 verskillende nossels  Langdurige batteryleeftyd  Akkurate toediening  Veeldoelige aanwendings Ons koerier landwyd of besoek ons webblad vir jou naaste verspreider. Kontak ons gerus vir enige verdere navrae. Martin van Rensburg 083 456 3776 • Liza van Rensburg 082 853 7618 • www.ezspray.co.za 12 SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018