Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 7

LANDBOUKUNDIG Konvensioneel MagGrow ’n Konvensionele sproeier en ’n sproeier toegerus met MagGrow. RMAX bied verskeie voordele, insluitend veilige en betroubare aanwending van behandelings, met geen kompaktering van grond. Die RMAX het bewys dat dit vinniger en meer effektief is as die huidige grondspuittoepassings (wat op wiele en per voet gebruik word). Hierdie benadering het ’n groot poten- siaal vir besparing, veral op bos- en boomgewasse waar die totale hoeveelheid plaagdoder wat gebruik word, tipies baie hoër is as vir gesaaides. BESPUITINGSINNOVASIE VIR GESAAIDES Een van die grootste uitdagings van kon- vensionele oesbespuitingstegnologie is die beheer van plaagdoderneerslag wat na aangrensende areas, buite die teikenarea, sweef of beweeg. Dit kan tydens bespuitings gebeur, wanneer druppels van die plaagdoder na aanliggende lande op die plaas beweeg, of na aangrensende plaasgrond of water- bronne, wat potensiële kruiskontami­nasie tot gevolg kan hê. Die probleem van plaagdoders wat na ander gebiede oorbe- weeg is ’n belangrike oorsaak van water- besoedeling en groot massas water word deur plaagdoderafloop besmet. Hoe gebeur dit? Die beweging van plaagdoder wat gespruit word, word beïnvloed deur faktore soos lugbeweging, die wind, die grootte van die sproeierkop, trekkerspoed, spuitbalkhoogte en die grootte van die druppels - hou in gedagte dat daar ’n inverse verhouding is tussen druppelgrootte en sproeineerslag. MagGrow wat ’n positiewe en negatiewe lading in die plaagdoderoplossing tot gevog het. Dit maak dit makliker vir die druppels om aan die gewas te heg. Hierdie vloeistof met die positiewe en negatiewe lading verseker, in samewerking met die gebruik van fyn druppels, dat die MagGrow stelsel uitstekende sproeineerslag- beheer van meer as 80% en uitste- kende dekking, sowel as ’n 90% beter hegting van die druppel aan die teikengewas tot gevolg het. Senwes Presisieboerderyoplossings het onlangs ’n herverkoopsooreenkoms met MagGrow gesluit ten einde hierdie tegnologie aan ons klante in Suid-Afrika beskikbaar te stel. Konvensioneel Oplossing vir sproeineerslag MagGrow gebruik oor-die-toonbank sproeier­koppe wat fyner of kleiner drup- pels maak, sonder die gepaardgaande beweging. MagGrow doen dit deur ge­­ bruik te maak van magnetiese insetsels Om meer uit te vind oor die oplos­ sing, kontak Etienne Nel, Senwes: Bestuurder Presisieboerdery (018) 464-7526. Source: https://www.precisionfarmingdeal- er.com/articles/2201-yamaha-rmax-un- manned-helicopter-performs-first-us-com- mercial-agricultural-flight. SENWES SCENARIO | LENTE 2018 5