TUIN
Tuinwenke voor
die lente opdaag
Deur Carl Kirstein
Tuinboukundige
D
it is nou die tyd om al jou snoeiwerk te doen. Dit
geld veral vir jou vrugtebome en rose. Dit is dan
ook van toepassing op sierstruike en bome. Onthou
om soveel as moontlik van jou knipsels in jou kom-
poshoop in te werk.
Dit is ook nou die laaste tyd om al die verplantings te doen
om sodoende jou tuin ’n ander perspektief te gee, aangesien
meeste plante dormant is en dus nie te veel skok sal wys nie.
Dit is ook nou ’n goeie tyd om jou wintersgroente in te sit. Dit
sluit in blaarslaai, beet, uie, wortels en spinasie. Al die plante is
nou in oorvloed beskikbaar by u naaste tuinsentrum.
’n Ander wenk is om die grasperk ’n bietjie langer te laat
groei om die wortels teen die ergste koue te beskerm. Terwyl
dit nou die tyd is vir snoei en verplanting, is dit ook ’n volmaak-
te tyd om die beplanning en uitvoer van die beplanning van u
tuin te doen. Dit sluit in verandering van beddings, die bou of
plasing van waterbakke en visdamme.
Kos en water is nou baie skaars vir die voëls, so plaas asse-
blief meer van elk uit en sodoende lok jy meer voëls na jou tuin.
Augustus is seker ook die mees onaangename maand van
die jaar vir tuiniers. Dit is koud en droog maar dit is belangrik
om voor te berei vir die komende lente en somer. Raak nou
ontslae van al die onkruid in beddings en op die plaveisel.
Bedek u beddings met soveel as moontlik kompos. Moet dit
egter nie inspit nie. Gebruik dit soos ’n deklaag.
Grasperke kry nou baie aandag om suksesvol te wees in die
somer. Sny baie laag en belug die grasperk met ’n vurk of rol
ler. Die gras moet ook goed bemes word.
Dit is oo k nou die maand om stiggies in te lê van u vrugte-
bome en rose. Knip lote onder ’n ogie en bo nog twee ogies.
Doop in ’n hormoonpoeier en plant in skoon sand. Hou die stig-
gies klam en sien hoe hulle in die lente uitloop. Sodra die nuwe
plante sterk wortels en blare het, kan dit in u tuin verplant word
vanaf November tot Desember.
Geniet die tuinmaak en koue weer. Binnekort kla ons weer
oor die hitte!
SENWES SCENARIO | LENTE 2018
67