GRAANMAKELAARS
kontrak gekoop nie. Die call-opsie is spe-
sifiek teen die Maart kontrak gekoop om
opsiekoste te verlaag en om die teorie te
toets dat pryse wel neig om geleidelik te
daal van Maart na Julie omdat produksie
sekerheid dan grotendeels intree. Die
derde strategie het oor tyd beter presteer
as die ander in terme van gemiddelde prys
gerealiseer, maar die eerste strategie het
wel die kleinste variasie in gerealiseerde
prys oor tyd verseker. Die geenverskan
singstrategie het interessant genoeg oor
tyd ‘n beter gemiddelde prys as die eerste
strategie gerealiseer, maar ook die groot-
ste variasie in gerealiseerde prys.
Meer onlangse navorsing deur
Strydom, Grové, Kruger en Willemse
(2010), asook Venter, Strydom en Grové
(2012) het ’n vergelyking tussen sekere
roetinestrategieë en ’n algemene of grond-
slagstrategie getref oor tyd. Die grond-
slagstrategie was weereens om glad nie
vooruit te verskans nie en produksie slegs
na strooptyd teen die heersende kontant-
prys te verkoop. Die eerste alternatiewe
strategie was die koop van ’n minimum
prys (put-opsie) na planttyd. Die tweede
alternatief is geïmplementeer deur die oes
in drie gelyke dele te bemark. Die eerste
derde tydens planttyd, die tweede derde
tydens die kritiese bestuiwingsfase in
U
SKRYF NO
Februarie en die laaste derde gedurende
strooptyd. Die derde alternatief was die
verkoop van die totale oes in die kritiese
bestuiwingsfase in Februarie deur termyn-
kontrakte te verkoop. Die vierde alternatief
was ook ’n verdeling van bemarkingsin-
tervalle waar produksie in 12 gelyke dele
(plus minus 3-week intervalle) van plant-
tyd tot strooptyd opgedeel is. Bemarking
het dan plaasgevind deur termynkontrakte
te verkoop.
Die algemene resultate het daarop
gedui dat die minimum prys (put-opsie)
strategie die hoogste gemiddelde SAFEX
prys oor tyd gerealiseer het. Die swakste
resultaat oor tyd was om alles op een
punt in tyd of tydens strooptyd deur mid-
del van vaste pryse (korttermynkontrakte)
te verkoop. Gemeet aan variasie in gerea
liseerde prys oor tyd, het die 12-interval
verkoopstrategie die kleinste variasie
getoon. Die kombinasie van opbrengs
(gemiddelde gerealiseerde strategieprys
teenoor die gemiddelde SAFEX prys) en
risiko (variasie in gerealiseerde strategie
prys) kon egter nie een strategie pertinent
bo die ander laat uitstaan nie. Die slotsom
was wel dat die keuse vir ’n spesifieke
strategie sal afhang van die produsent se
risiko-aptyt.
Die slotsom of optimale karaktereien
skappe wat egter deurlopend na vore
kom uit die navorsing is as volg: ’n
Verskansingstrategie moet sover moontlik
ontwikkel en dienooreenkomstig geïmple-
menteer word dat die beoogde produksie
deurlopend verskans bly. Die strategie
moet ook in staat wees om opwaartse
potensiaal in die mark volledig of ten min-
ste gedeeltelik vas te vang. ’n Belangrike
aspek vir die keuse van ’n strategie en
gevolglike sukses van ’n strategie, is
dat dit belangrik is om te weet teen wat-
ter prysvlak winsgewend geproduseer
word. Die mark bied wel elke seisoen die
geleentheid om winsgewend te verskans.
Hierdie geleenthede, gekoppel aan ’n
eenvoudige, herhaalbare strategie wat
afwaartse prysrisiko uitskakel, maar oor
die vermoë beskik om opwaartse poten
siaal vas te vang, moet deel vorm van
elke produsent se bemarkingsplan.
Senwes Marktoegang kan deur middel
van die produsentegraanbemarkers, asook
Senwes Graanmakelaars, van hulp wees
met verskeie voorseisoenbemarkingskon-
trakte en verskansingsalternatiewe wat
sal inpas by elke produsent se individuele
risikoprofiel. ’n Hele paar van die alter-
natiewe strategieë, wat tot ’n groot mate
voldoen aan die beginsels, word vervat in
Hansie Swanepoel se artikel op bl. 62.
IN!
IE
G D
N
A
V
T
ON
io
r
a
n
e
c
S
s
e
Senw RATIS!
G
Stuur asseblief u adres, telefoonnommer
en e-posadres aan Marie Erasmus by:
Posbus 31, Klerksdorp, 2520 of
e-pos na [email protected] of
kontak Marie by 018 464 7568
indien u die Senwes Scenario wil ontvang.
SENWES SCENARIO | LENTE 2018
61