Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 58

NUUS Die impak van die digitale era Vinniger, intyds en koste-effektief. Drie ken- merke wat die digitale era, waarin meer en meer mense begin deel, definieer. Gebruikers wat alreeds die kopskuif gemaak het, pluk daagliks die vrugte en deel in al die voordele wat aanlyn en digitaal bied.  Deur Johan Le Grange Senwes Digitale Inhoudspesialis A s ’n papierlose wêreld waar wolkopberging, WiFi en een profiel vir verskeie toestelle aan die orde van die dag is vergelyk word met liasseerkabinette, hope cd’s, landlyn internetkoppelings en die taak om inligting op veelvul­ dige toestelle te dupliseer, leun die skaal van voordele swaar na die digitale kant. Digitale transformasie is ’n wedren, maar nie om te sien wie eerste daar aankom nie - eerder om te sien wie die mark verstaan en die beste daarbinne kan aanpas. Die digitale era is nie oorle­ wing van die sterkste nie, maar moet eerder uit die perspektief van aanpas of irrelevant raak, beskou word. Dit het ’n omwenteling in die benadering en manier waarop ons dink, kommunikeer, verbruik, werk en tyd spandeer veroorsaak, en dit is ons prerogatief om met die groterwordende digitale gaping op te vang. Digitale transformasie is aan die gebeur, of ons nou daarvan hou of nie. Alles beweeg stadig maar seker in ’n digitale rigting en ons as maatskappy is gerat om diegene wat reeds op die digitale platforms floreer, te bedien en diegene te help wat graag wil maar nog nie oorgeskakel het nie. Verder staan ons ook graag dié wat nie wil skuif, maar besef dat daar nie ’n beter tyd as nou is nie, by. WAT IS ‘N QR-KODE? ’n Vinnigereaksiekode (Quick Response Code) of QR-kode, is ’n handige manier om gedrukte media met digitale media te verbind. Hierdie tweedimensionele kodestelsel dien as ’n deurgang na meer inligting oor die onderwerp, item of diens waarby dit gedruk word. Gebruik jou slimfoon en laai ’n QR-kode skandeerder vanaf jou onderskeie app stores af. Maak die toepassing oop en skan- deer die kodes soos jy deur die Senwes Scenario lees vir meer relevante inligting. Skandeer dié QR- kode om in te skryf vir die Senwes Scenario-tydskrif en/of eSce- nario-nuusbrief: http://senwes.co/subscribe. 56 SENWES SCENARIO | LENTE 2018