Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 57

NUUS Wen ’n kopie van Nuwe Generasie Meesterlike Produsente – Visie en Oorwinning D aar word altyd gepraat van nuwe produsente op die horison maar hier is dit nou in swart op wit. Hierdie insig- gewende boek getiteld “New Generation Master Farmers – Vision and Victory” fokus op 19 produsente wat die visie en deursettingsvermoë gedemonstreer het om ʼn sukses in die landbou-omgewing te maak. Die 19 produsente sluit in die voor- malige redakteur en joernalis en Senwes produsent Herbert Mabuza, op wie daar ook al in die Senwes Scenario gefokus is, asook ander soos Makhosazane Sambo, Stephen Mohale, Isaac Motaung, William Matasane, Solly Ratjomane, Willie Jacobs, Agmat Brinkhuis, Lawrence Maduna, André Cloete, Agri Dwala, Nieklaas Slingers, Warren Bam, Kagisho Bamphitile, Tommy Skietekat, Chris Louw, Job Metswamere en Hannes Hobbs. Met Augustusmaand wat ook vrouemaand is, word daar ook op ’n opkomende vroulike produsent in die boek gefokus, naamlik Anna Mapanyane. Die skrywer bedank ook al die borge landswyd wat bygedra het tot die sukses van die uitgawe, waarvan Senwes een was. Die voorwoord van die boek is deur Dr Mathews Phosa geskryf. Hierdie boek is gebaseer op die kon- sep van dr Piet van Zyl, ‘n afgetrede boer en akademikus, wat deur die jare soveel Wen SMS Senwes, New Generation en jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 30 September 2018 om ʼn kans te staan om een van tien wen- ners van die boek te wees. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za. boere leer ken het wie se wysheid en insigte oor die lewe, en veral boerdery, hy graag wou opteken. Herbert, wat deur Senwes genomineer is, se hoofstuk is getiteld “Sukses is rela­ tief” waar hy meer gesels oor sy tweede geliefde loopbaan, naamlik boerdery op sy plaas Blaauwbank in Randfontein, Gauteng. Hy vertel ook hoe hy presies geweet het dat dit die plaas vir hom is, “Ek het onmiddellik net ‘wow’ gesê.” DRYVELD 46 ’N WINTERLEK WAT WERK! Dryveld 46 is ’n melasse-gebaseerde proteïenaanvulling op droëveld vir verhoogde ruvoerinname sodat jou beeste beter presteer. Gemeng met graan, kan Dryveld 46 ook as produksielek aangewend word. Verhoog ruvoerinname vir verbeterde prestasie van beeste. Lei tot verhoogde konsepsie en kalfpersentasies. Beperk massaverlies in die winter. Is geskik as onderhoudslek vir droë en lakterende diere. Voorkom droë galsiek. DROË WEIDING OPLOSSING Vir meer inligting oor Molatek se spesifieke voere en dienste, kontak: RCL FOODS: www.rclfoods.com MOLATEK: +27(0)13 791-1036 | www.molatek.co.za Samewerking lei tot prestasie Dryveld 46 Reg. Nr. (V20820) (Wet 36 van 1947) SENWES SCENARIO | LENTE 2018 55