Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 56

FINANSIES

AgriRewards nou met nog meer voordele

� Deur Amelie Vosloo Projekbestuurder
WAT IS AGRIREWARDS ?

AgriRewards is ’ n uitgestelde bonusskema in terme waarvan Senwes jaarliks ’ n groot gedeelte van sy wins aan klante allokeer om hulle te beloon vir lojale besigheid gedurende die jaar . Die bonus word in die jaar waarin die allokasie uitloop , in die vorm van kontant uitbetaal .

HOE WERK AGRIREWARDS ? Elke klant se uitgestelde bonus word jaarliks bepaal op grond van die hoeveelheid besigheid wat deur die jaar met Senwes gedoen is . Hierdie bonus is dan ook onderhewig aan spesifieke reëls wat vir die toepaslike jaar afgekondig is . Dié reëls , ten opsigte van kwalifiserende besigheid , word van jaar tot jaar deur die direksie van Senwes bepaal en bekendgemaak . Die bonus waarvoor klante dan kwalifiseer , word telkens na afloop van Senwes se finansiële jaareinde gekommunikeer . Deelname is egter nie outomaties nie en klante moet spesifiek registreer om deel te neem aan die skema .
Die uitgestelde bonusskema kan as sekuriteit vir krediet by Senwes aangebied word .
WIE KWALIFISEER ? Enigiemand wat geregistreer is en met enige van die kwalifiserende bedrywe besigheid doen , sal kwalifiseer . Vir die afgelope finansiële jaar het graanverkope aan Senwes , graanlewerings by Senwes silo ’ s en rentedraende transaksies by Senwes Credit ’ n toekenning ontvang . Die

A gri rewards

OPBRENGS OP LOJALITEIT
besigheidseenhede wat sal kwalifiseer vir die 2019 finansiële jaar is :
� Graanlewerings by Senwes silo ’ s ;
� Graanverkope aan Senwes ;
� Aankope van John Deere heelwerktuie by Senwes Equipment ;
� Rentedraende transaksies by Senwes Credit .
WAT IS NUUT ? AgriRewards bied vanjaar vir die eerste keer ook korttermynvoordele vir geregistreerde klante in die vorm van wesenlike kortings op die aankoop van nuwe voertuie . Senwes , in samewerking met Bidvest McCarthy , bied hierdie korting op bykans al die top handelsname in die bedryf ( Toyota , Ford , Nissan , Isuzu , Mercedes-Benz , Lexus , VW , ensovoorts ). Geregistreerde klante kan ook opsioneel hul bestaande voertuie inruil .
Vir meer inligting oor die aanbiedinge , SMS die sleutelwoord KAR na 31022 of stuur ’ n e-pos aan benefits @ agrirewards . co . za .
2018 BONUSALLOKASIE Vir die 2018 finansiële jaar is R50 / ton vir graanlewerings by Senwes silo ’ s , R5 / ton vir graanverkope aan Senwes en 0,75 % van gemiddelde rentedraende lenings by
Senwes Credit aan bonusse geallokeer . Senwes het altesaam ’ n bedrag van ongeveer R160 miljoen toegeken . Sedert die program se bekendstelling in 2016 , is die 2018 allokasie die tweede van sy soort en het gevolg op 2017 se allokasie van R54 / ton vir graanlewerings by Senwes silo ’ s , waar Senwes ’ n bedrag van ongeveer R54 miljoen vir die jaar geëindig 30 April 2017 , toegeken het .
HOE OM TE REGISTREER ? AgriRewards beskik oor ’ n verskeidenheid van registrasieopsies .
� Produsente kan www . agrirewards . co . za besoek en sodoende aanlyn vir die uitgestelde bonusskema registreer , wat onderhewig is aan die aanvaarding van die terme en voorwaardes .
� Produsente kan ook vir AgriRewards registreer deur AgriRewards gevolg deur jou ID-nommer te SMS na 31022 .
� Kontak jou naaste graanverkryger of sleutelrekeningbestuurder sodat hulle jou deur die registrasieproses kan neem .
Registrasie vir die bonus vir die April 2019 finansiële jaar sluit op 31 Maart 2019 .
Senwes beloon sy lojale klante op dié manier . Word deel van hierdie bonusskema - word deel van Senwes AgriRewards !
54
SENWES SCENARIO | LENTE 2018